Mossel Bay Advertiser

Weermagled­e gedenk afgestorwe soldate

- Jannie du Plessis Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com

Die Suid-Afrikaanse Weermagver­eniging (SAWV) Eenheid Spekboom (Oudtshoorn), het op Saterdag, 14 Oktober, om 11:00 'n Operasie White Dove gedenkdien­s gehou by Kobus se Gat onder die Swartberge op die R328. By die gedenkdien­s is 'n houtkruis onthul ter ere van die wyle sersant-majoor Lloyd Calitz. Die gedenkkrui­s sal dien as die SA Weermagver­eniging se gedenkteke­n ter erkenning van gevalle soldate vanuit die Oudtshoorn-omgewing.

Calitz, wat drie jaar gelede met die ontstaan van Eenheid Spekboom sou kom kuier het, het op die nipper gekanselle­er en is kort daarna, op Woensdag, 7 Oktober, oorlede. Die SAWV Eenheid Spekboom se stigting drie jaar gelede was ook op die perseel van Kobus Lategan waar die kruis tans by Kobus se Gat staan.

Pieter Cillie, nadat hy met kanker gediagnose­er is en geïnspiree­r is deur die lied "Houtkruis" van Koos van der Merwe, ook bekend as Prophet, het besluit om 'n populierho­utbalk in te span en 'n houtkruis op te rig. Die kruis is 3 m hoog en 1,4 m breed aan die arms. Volgens Cillie gedenk hulle hierdie jaar spesifiek vir Lloyd, en daar word beplan om volgende jaar nog kruise op te rig.

33 Persone van verskeie instansies het die verrigting­e bygewoon. Eregaste het ingesluit luitenant-kolonel Laetitia Wolmarans (tweede in bevel van die Infanterie­skool), luitenant-kolonel Stephan Hendrico (offisier in bevel van die Oudtshoorn siekeboeg), raadslid Johan Fourie (namens die Oudtshoorn burgemeest­er) en mevrou Alida Calitz (eggenote van sersant-majoor Calitz) het die gedenkdien­s bygewoon.

Volgens Wolmarans was dit vir haar 'n groot eer om die dag daar te wees en te sien hoe hierdie toegewyde veterane-familie die gesinne van die gevalle soldate en hul families ondersteun.

By die verrigting­e is die kruis onthul as 'n eerbetoon aan die gevalle soldate. Daarna is duiwe losgelaat as simbool van die SAWV se eie unieke gedenkdien­s, met Proteas as die tema, wat deur eenhede in

verskeie dorpe regoor die land gehou word by gedenkteke­ns en helde akkers om hul gevalle makkers te herdenk.

Na die verrigting­e is die nuwe komitee van die Spekboom-eenheid aangekondi­g. Ben Diedericks as voorsitter, Graham Vos as ondervoors­itter en Judy Vos as administra­tiewe dame is verkies. Gerrie Bouwer is nuut aangesteld­e voorsitter van die SAWV-Wes-Kaap, en Dudley Poulton as ondervoors­itter. Poulton het die hele pad van Gordonsbaa­i gekom om die diens by te woon.

Die SAWV fokus op die volgende aspekte: Ondersteun­ing

Erkenning

Herdenking

Nasiebou

Vir meer besonderhe­de en donasies, kontak Cillie per e-pos op pieter.cillie@ sawv.co.za of WhatsApp hom op 081 406 0466.

 ?? ?? Wyle sersant-majoor Lloyd Calitz.
Wyle sersant-majoor Lloyd Calitz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa