Mossel Bay Advertiser

Herdenking­sparades vir afgestorwe­nes

- Jannie du Plessis

Lede van die Memorable Order of Tin Hats (MOTH's) van die Tuinroete MOTH's Motorcycle Associatio­n (MMA) hou op Saterdag, 11 November, 'n Herdenking­srit van George na Mosselbaai. Wêreldwyd word Herdenking­sdae op die 11de dag van die 11de maand om 11:00 gehou. In talle groot stede en dorpe word eer betoon aan gevalle soldate in die vorm van spesiale dienste of parades, wat op die naaste Sondag aan dié datum gehou word.

Vanjaar val die 11de November toevallig op die Saterdag. Die motorfiets­gemeenskap het 'n ontbytrit, 'n massa motorfiets­rit en 'n parade waar diegene van die omgewing, wat hul lewens tydens verskeie oorloë verloor het, vereer word. Die rit begin om 07:45 by die Outeniqua Shellhole op die hoek van Rijk Tulbagh en De Chevonne strate, George. Hulle arriveer om 08:30 by die Hartenbos Seefront waar die motorfiets­ryers 'n ligte ontbyt en koffie sal geniet. Teen 10:00 vertrek hulle na die Senotaaf by die Punt op Mosselbaai waar die parade om 11:00 sal begin.

Sondag, 12 November, vind die standaard parade plaas om Herdenking­sdag te gedenk. Dit staan ook bekend as Blommedag (Poppy Day), en in Amerika word dit Veteraneda­g genoem. Dit is vir die eerste keer waargeneem in 1919, maar tot 1945 was dit bekend as Wapenstils­tanddag. Dit het

sedertdien 'n herdenking geword vir almal wat in ander oorloë ook gesterf het.

Dié parade is baie meer formeel en veterane en ander instansies woon die parades in formele drag by. Lede van die publiek is ook welkom.

By die twee parades sal daar op 'n gepaste tyd twee seinkanonn­e afgevuur word, wat die begin en einde van die twee minute se stilte aandui ter herdenking van die lewens wat verloor is tydens gewapende konflikte.

By beide parades sal daar ook 'n geleenthei­d wees vir enige persoon wat respek wil betoon deur óf 'n kruis, blom of krans te plaas.

"Dit is altyd 'n uitstekend­e geleenthei­d om ons jonger generasie te herinner aan die opoffering­s wat ons helde gemaak het en is die ideale geleenthei­d vir 'n gesinsuits­tappie," het organiseer­der, Anthony Van Tonder, by 'n vorige geleenthei­d gesê. Vir enige navrae kontak Athony van Tonder. (082 467 3365).

 ?? ??
 ?? ?? Lede van die Memorable Order of Tin Hats (MOTHS) en ander rolspelers by die 2022 se herdenking­sparade by die senotaaf. Foto: Jannie du Plessis LINKS: Tydens die herdenking­sparades word twee seinkanonn­e afgevuur. Foto: Sharlton Groenewald
Lede van die Memorable Order of Tin Hats (MOTHS) en ander rolspelers by die 2022 se herdenking­sparade by die senotaaf. Foto: Jannie du Plessis LINKS: Tydens die herdenking­sparades word twee seinkanonn­e afgevuur. Foto: Sharlton Groenewald

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa