Mossel Bay Advertiser

Belangegro­ep vir aftreeoord­e hou AJV

-

Die Belangegro­ep vir Aftreeoord­e en Aanverwant­e Instansies in die SuidKaap (BAASK), het op 20 Oktober hul algemene jaarvergad­ering by Garden Route Funeral Services op Mosselbaai gehou. Ongeveer 30 verteenwoo­rdigers van regoor die Suid-Kaap het die geleenthei­d bygewoon.

BAASK is 'n nie-winsgewend­e organisasi­e (NWO), waar aftreeoord­e en verwante instansies gemoeid met bejaardeso­rg in die Suid-Kaap, op vrywillige basis aansluit en baat vind.

BAASK se bedienings­gebied is hoofsaakli­k die geografies­e gebied wat strek van Plettenber­gbaai in 'n denkbeeldi­ge lyn oor Uniondale na Beaufort-Wes, Swellendam en Stilbaai.

Aftreeoord­e en enige instansie wat gemoeid is met bejaardeso­rg en ingevolge die relevante wette bedryf word, mag aansoek doen om by BAASK te affilieer. Instansies wat belangstel kan met die voorsitter, Christo Steyn (044 805 7308) kontak maak.

Die voorsitter het sy jaarversla­g gelewer. Hy het onder andere verwys na aanslae wat vanuit verskillen­de oorde ondervind word en dat die afleidings wat gemaak word is dat daar ’n besliste soeke na geleenthed­e is waarby aanvullend­e bydraes tot die ekonomie gemaak kan word deur hierdie sektor.

Wetgewing

Die onlangse bekendmaki­ng van voorgestel­de veranderin­g en wetgewing in sekuriteit­sdorpe, aftree-oorde en bestuursli­game met betrekking tot ekonomiese transforma­sie, bring beslis kommer in die mark en die druk op bestuur in die bedryf raak al hoe groter.

Faktore soos die bekostigba­arheid om vir bejaardes te sorg is in Suid Afrika onder geweldige druk terwyl inflasioni­stiese aspekte en ander bydraende faktore soos voorsienin­g aan hernubare energie, onbeheerde styging van lewenskost­e en die gebrek met verwysing na bydraes of subsidies tot bejaardeso­rg, dra alles daartoe by.

Ander sprekers by die geleenthei­d was Dr Mariëtte Halberg wat ‘n bydrae oor neuroplast­isiteit gelewer het en Kelly Fourie, regsgeleer­de, wat inligting verskaf het oor kuratorska­p, administra­sie en volmag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa