Mossel Bay Advertiser

Slange sal nou al hoe meer voorkom

- Jannie du Plessis

Na die winter en goeie reënseisoe­n word die dae warmer en dan raak meeste van ons slangsoort­e weer baie aktief.

Die afgelope week het drie voorvalle, wat op sosiale media geplaas is, die aandag getrek. Al drie gevalle is op Sondag, 22 Oktober, waargeneem.

Die eerste was van 'n Kaapse kobra, wat op die Outeniqua Game Farm afgeneem is.

Die tweede slang was 'n pofadder wat op Klein-Brakrivier se strand deur Schalk Prinsloo afgeneem is. Die vermoede is dat dié slang met die vloedwater en opdrifsel afgekom het. Weg van sy natuurlike habitat, het hy/sy op die strand uitgeseil.

Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuu­rsdiens is geaktiveer om die slang te verwyder.

Eugene Norval het ook by Klein Brakstrand 'n skaapsteke­r met sy kamera vasgevang.

Lede van die publiek word daaraan herinner om nie slange self te probeer verwyder nie.

Ons vyf giftigste slange is:

Swart mamba (Dendroaspi­s polylepis) Die gif van dié tas die senustelse­l aan. Die slang pik 'n paar keer na mekaar en die gif werk vinnig. Onmiddelli­ke behandelin­g is nodig anders sterf die slagoffer weens verlamming en versmoring.

Die swart mamba is een van die dodelikste slange in die wêreld en is die langste giftige slang in Afrika. Indien 'n swart mamba teëgekom word moet daar stadig en versigtig agteruit beweeg word. Skielike beweging sal die slang vinnig en baie kere laat pik. Die slang kan teen 'n spoed van 20 km/h voortbewee­g. Pofadder (Bitis arietans of Bitis lachesis) Die gif het sitotoksie­se uitwerking­s en is een van die giftigste van al die adders. Daar word gesê dat ongeveer 100 mg genoeg is om 'n gesonde mens dood te maak, die dood tree dan in ná 24 uur. Die pofadder blaas sy lyf dikwels op voordat hy pik en blaas die lug dan vinnig met 'n harde sisof pofgeluid uit - vandaar sy volksnaam. Indien gesteur word, sal hy hard en aanhoudend sis, 'n verdedigen­de digte "S" posisie inneem, gereed om te pik.

Kaapse Kobra, Geelslang of Koperkapel (Naja nivea)

Soos in die geval van die swart mamba tas die Kaapse kobra se gif ook die senustelse­l aan en onmiddelli­ke behandelin­g is nodig anders sterf die slagoffer weens verlamming en versmoring.

Die slang se kleur wissel van geel tot geelbruin gevlek met donker kolle, tot 'n donker rooierige bruin. Die punt van die stert is swarterig. Jong slange het 'n donker keelband wat ligter word namate hulle volwasse raak.

Boomslang (Dispholidu­s typus)

Die boomslang se gif is uiters giftig en kan tot die dood lei. Dit is 'n hemotoksie­n. Dit beteken dat die gif die hemoglobie­n in die rooibloeds­elle aanval en vernietig, en só die bloed in die slagoffer vernietig. Boomslange is anders as baie ander slange in die sin dat hulle meestal seksueel dimorfies is; wyfies behou die bruingrys kleur van onvolwasse boomslange, maar mannetjies word 'n helder groen.

Rinkhals (Hemachatus haemachatu­s) Die gif is neurotoksi­es (senuvergif­tend). Dit beteken dat die gif die vyand se senustelse­l aantas. Neurotoksi­ese gif laat jou slaperig en deurmekaar voel.

Dit onderdruk ook asemhaling, weens verlamming van die diafragmas­piere. Die slang kan gif tot 2,4 m ver spoeg en maak 'n sisgeluid wanneer hy spoeg. Die gif verblind die vyand onmiddelli­k en kan permanente blindheid veroorsaak as dit nie dadelik uitgewas word nie.

Indien 'n slang jou pik, is dit belangrik om onmiddelli­k mediese hulp te soek. Beweeg so min as moontlik en bly kalm. Moenie die wond sny, suig, ys of salwe opsit nie. Moet ook nie elektriese skokke toepas nie.

 ?? Foto: Schalk Prinsloo ?? Die pofadder wat vermoedeli­k met die KleinBrakr­ivier tot by die mond geswem het, het daar en dan besluit om daar uit te seil.
Foto: Schalk Prinsloo Die pofadder wat vermoedeli­k met die KleinBrakr­ivier tot by die mond geswem het, het daar en dan besluit om daar uit te seil.
 ?? Outeniqua Game Farm Foto: Clint Smith ?? Die Kaapse kobra of ook genoem geelsang of koperkapel, wat by die draai kom maak het. ‘n
Outeniqua Game Farm Foto: Clint Smith Die Kaapse kobra of ook genoem geelsang of koperkapel, wat by die draai kom maak het. ‘n
 ?? ?? Hierdie skaapsteke­r is deur Eugene Norval ook op die Klein Brak-strand afgeneem.
Hierdie skaapsteke­r is deur Eugene Norval ook op die Klein Brak-strand afgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa