Mossel Bay Advertiser

AfriForum hou kursus vir operasione­le spanleiers

-

AfriForum se Mosselbaai-tak het oor die naweek van 20 en 22 Oktober, 'n geslaagde operasione­le spanleier-kursus vir die AfriForum plaas- en buurtwagte in die SuidKaap aangebied. Operasione­le spanleiers en ander lede van AfriForum buurtwagte te Glentana, Groot-Brakrivier, Midbrak, Oudtshoorn en Herbertsda­leplaaswag het die opleiding meegemaak. Dié kursus volg op die inligtings­panleier kursus wat gedurende September 2023 deur die AfriForum se George-tak aangebied was. David Olivier, die veiligheid­shoof van AfriForum se Suidstreek, het as instrukteu­r opgetree.

Die doel van die kursus was om die buurtwagte se operasione­le spanleiers toe te rus met die nodige vaardighed­e om operasies in hul gebiede te kan bedryf. Onderwerpe soos ontplooiin­gsdrils, aanbied van operasione­le orders, die werking van 'n gesamentli­ke operasiese­ntrum (GOS), gebeurlikh­eidsbeplan­ning en regsaspekt­e was behandel. Die kursus was afgesluit met 'n teoretiese assesserin­g asook die praktiese aanbieding van operasione­le orders waar 'n buurtwag ter ondersteun­ing van die polisie in 'n verwagte onlussitua­sie optree.

AfriForum beskou dit as uiters belangrik om hul buurt- en plaaswagte toe te rus vir die uitvoering van hul taak, nie net deur die buurtwagte van die nodige toerusting te voorsien nie, maar ook om goeie opleiding aan die lede te bied. Hierdie opleiding vind op drie vlakke plaas naamlik waar die buurtwagle­de op vlak een in die basiese aspekte van onder andere patrollies, radio prosedures, regsaspekt­e, huis- en haardbeske­rming, toneelhant­ering, gebiedsbev­eiliging, en nog meer onderrig word. Hierdie opleiding vind hoofsaakli­k aanlyn deur middel van Teams plaas.

Die volgende vlak van opleiding behels die opleiding van die leiereleme­nte van die buurtwagte, hier word die buurtwag se operasieen inligting spanleiers deur middel van formele kursusse opgelei en toegerus om as leiers vir hul spanne op te tree.

Met vlak drie opleiding word meer gevorderde opleiding soos buurtwagle­iers, protospan-lede en hommeltuig-vlieëniers aangebied.

AfriForum Mosselbaai-tak het tans twee studente op die hommeltuig­vlieëniers kursus wat vanaf 23 tot 28 Oktober op Stellenbos­ch aangebied word, dit bring ons te staan op drie opgeleide vlieëniers. Die Mosselbaai­tak het so pas 'n hommeltuig met dag- en nagsigverm­oë aangekoop. Tot op hede het hulle van 'n privaat hommeltuig in die Glentana Buurtwag gebruik gemaak en die algehele vermoë is dus hiermee verdubbel.

AfriForum verbind hom daartoe om te alle tye saam met alle veiligheid instansies te werk en versoek alle inwoners van Mosselbaai om by die naaste buurtwag aan te sluit.

 ?? ?? Studente van die AfriForum Buurtwagte saam met Louis en Joy Cook van AfriForum se Mosselbaai-tak en David Olivier die veiligheid­shoof van AfriForum se Suidstreek heel regs.
Studente van die AfriForum Buurtwagte saam met Louis en Joy Cook van AfriForum se Mosselbaai-tak en David Olivier die veiligheid­shoof van AfriForum se Suidstreek heel regs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa