Mossel Bay Advertiser

Rolspelers praat oor komende vakansiese­isoen

-

Die Mosselbaai-munisipali­teit het vandeeswee­k sy jaarlikse beplanning­svergaderi­ng gehou waarby ‘n verskeiden­heid rolspelers met die oog op die komende vakansiese­isoen inspraak lewer.

Die vergaderin­g is ‘n voorloper vir die munisipali­teit se seisoenmon­iteringsve­rgadering. Tydens die somervakan­sie word dié vergaderin­g daagliks gehou.

Tydens die beplanning­svergaderi­ng, wat deur die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer

Dirk Kotzé, munisipale bestuurder, Colin Puren, en Joubert Coetzee, senior bestuurder van strategies­e dienste, gelei is, was onder meer verteenwoo­rdigers van belasting-betalersve­renigings, Mosselbaai Toerisme, oord- en karavaanpa­rkbestuurd­ers, die SuidAfrika­anse Polisiedie­ns, buurtwag- en gemeenskap­spolisiefo­rum-verteenwoo­rdigers, direkteure en senior bestuurder­s van die Mosselbaai-munisipali­teit, asook burgemeest­erskomitee­lede.

Verskeie sake is geopper veral met betrekking tot die herstelwer­k op strande ná die stormskade in September, so ook algemene veiligheid en reëls met betrekking tot gedrag op strande.

Wat betref die herstelwer­k op strande, het die munisipali­teit bevestig dat verskeie konsultant­e aangestel is om al die strandtoeg­angtrappe en wandelpaai­e wat beskadig is, te ondersoek en ‘n omvattende verslag op te stel. Die laaste verslae word teen Vrydag, 27 Oktober ingewag, waarna dit na versekeraa­rs sal gaan vir goedkeurin­g sodat herstelwer­k gedoen kan word.

Puren het egter genoem dat hoewel die herstel van skade prioriteit geniet, dit tans nie moontlik is om ‘n presiese tydperk te bevestig vir die voltooiing daarvan nie.

Daar was ook heelwat navrae aangaande die hantering van verkeersvl­oei op Louis Fourieweg gedurende die feesseisoe­n met betrekking tot die opgraderin­gsprojek. Keegan de Waal, hoofingeni­eur van die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer en openbare werke, het op versoek ‘n

Verskeie sake is geopper veral met betrekking tot die herstelwer­k op strande ná die stormskade in September.

aanbieding in dié verband gedoen. Hy het tydens die vergaderin­g bevestig dat tweerigtin­gverkeer deurlopend deur die feesseisoe­n op Louis Fourieweg gehandhaaf sal word en dat maandeliks­e opdatering­s oor die vordering van projek voortaan deur die provinsial­e departemen­t beskikbaar gestel sal word.

Met die feesseisoe­n voor hande, was daar ook ‘n versoek dat ‘n gebeurlikh­eidskalend­er gesirkulee­r word. Die portefeulj­evoorsitte­r

vir korporatie­we dienste, raadslid Nickey le Roux, het aangekondi­g dat die Collab Citizen-munisipale slimfoonto­epassing se jongste funksional­iteit onder meer ‘n direkte skakel insluit na Mosselbaai Toerisme se omvattende gebeurlikh­eidskalend­er, ‘n nuwigheid wat van nut vir inwoners en besoekers sal wees. Die Collab Citizentoe­passing kan afgelaai word by Google Play Store, Apple App Store en Huawei AppGallery.

 ?? ?? Van die rolpelers wat tydens die beplanning­svergaderi­ng teenwoordi­g was.
Van die rolpelers wat tydens die beplanning­svergaderi­ng teenwoordi­g was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa