Mossel Bay Advertiser

Jy moet hare op jou tande hê in dié wêreld

- Linzetta Calitz

Ek het omtrent my lewe lank al lang hare.

En saam met mooi lang hare kom gewoonlik mense se kommentaar wat strek van: “Ek wens my hare kon so lank wees!” tot “Jy moet tog nooit jou hare sny nie, dis so pragtig.”

My redes vir hare afsny het tot onlangs bloot dinge soos ongerief, gemak of bloot omdat ek lus was, ingesluit.

Dit is tot ek sowat ‘n week gelede saam met twee ander vroue aan ‘n tafel gesit en luister het hoe ‘n derde een vertel hoe haar suster byna verkrag is.

Een van die maniere hoe haar aanvaller haar herhaaldel­ik nader getrek en oor die vloer gesleep as sy probeer ontsnap het, was aan haar mooi lang hare.

Dit laat jou nogal anders kyk na jou redes vir ‘n besoek aan ‘n haarsalon.

Daar is soveel dinge wat hulle vir ons sê ons moet doen om onsself te beskerm.

Moenie alleen in die nag êrens rondloop nie. Moet sommer in die dag nêrens alleen rondloop nie. Moenie uitlokkend aantrek nie. Wees bedag van wat rondom jou aangaan. Die moets en die moenies hou nie op nie.

Lang hare of te nie, daardie man sou haar waarskynli­k steeds aangeval het, al is dit met minder vashouplek.

Maar om te dink selfs jou haarstyl kan jou veiligheid op ‘n manier beïnvloed, is iets waaraan ek nogal moeilik sluk.

Ek het al baie gesê een van die dinge op my emmerskopl­ys is om eendag my hare sommer alles af te skeer. Natuurlik tot groot ontstelten­is van my ma.

En dis nie hieroor of daaroor nie, dis maar net iets wat ek graag eendag wil doen omdat ek wil weet hoe dit voel. Hoe lekker moet dit nie wees as die wind waai en jou hare beland nie in jou oë of mond nie.

Of dan nou, in hierdie konteks, winderige dag of nie, in iemand se geweldadig­e hande nie.

Enigiemand wat lang hare het, of minstens saam met so ‘n iemand bly, sal weet jy kry gereeld enkele lang hare op die vreemdste plekke.

Een plek waar ek nog nooit rêrig gedink het myne sal beland nie, is in iemand se hande wat my leed wil aandoen.

Ons lewe egter in ‘n wêreld waar dit ‘n aaklige werklikhei­d is. 'n Werklikhei­d waarvan ons nie kan terugdeins nie en wat kwartaalik­s bevestig word wanneer die land se misdaadsyf­ers bekend gemaak word.

As ek ooit die dag tot op daardie punt kom, knipper in die hare, sal dit nie wees met die gedagte aan een of ander potensiële, vuilgoed-van-‘n-mens, aanvaller nie, maar ek dink daar sal ‘n stemmetjie agter in my kop wees:

“As dit ooit met my gebeur, kan hy my darem nie aan my hare rondruk nie...”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa