Mossel Bay Advertiser

Fanie die voorste jong spreker in SA

- Louise Karsten

Graad 10 Hoërskool Punt leerder, Fanie Keyser (16), het die afgelope Saterdag 'n eerste plek behaal by die nasionale Radikale Redenaars kompetisie, wat in Gauteng aangebied is.

Radikale Redenaars is ‘n landswye nasionale kompetisie wat fokus op die ontwikkeli­ng van leerders se sprekersva­ardighede. Daar is jaarliks ongeveer 15 000 inskrywing­s, wat dit een van die grootste skole kompetisie­s in Suid-Afrika maak. Die Mossel Bay Advertiser het met Fanie oor dié uitsonderl­ike prestasie gesels:

Waaroor het jy by die Radikale Redenaars gepraat?

My onderwerp was “Alle Suid-Afrikaners het ‘n kommin strepie” – my punt was dat egtheid belangrike­r is as voorgee… klas se bas! Ons as Suid-Afrikaners se identiteit en samehorigh­eid lê in ons manier van dinge doen. Ek is trots deel van ons SuidAfrika­anse kultuur.

Was jy gespanne om voor ‘n groot gehoor deel te neem?

Mens is maar altyd gespanne voor jy praat, maar so halfpad deur my inleiding begin ek gewoonlik ontspan (veral as die gehoor se reaksie positief is). Ek verkies ‘n lewendige gehoor ver bo ‘n aanlyn-besigheid.

Hoekom is redenaars lekker en waarom sou jy ander leerders aanraai om dit ook te doen?

Ek hou van praat (my onnies sal sê te veel) en ek hou daarvan as mense luister na my opinie. Dit is ‘n lewensvaar­digheid wat jou kan help vir die res van jou lewe. Dit leer jou om op ‘n gestruktur­eerde, en skaflike manier jou sê te sê (dalk moet die outjies wat by die parlements­ittings praat ‘n keer of wat dié kompetisie bywoon om hul vaardighed­e op te skerp.)

Wat wil jy graag eendag word?

Ek wil eendag die president word. Ek wil na skool BCom Rek gaan studeer en myself bekwaam as geoktrooie­erde rekenmeest­er.

Hoe voel jy oor jou toekenning?

Dis vrek lekker om beloon te word vir dit wat jy insit, so natuurlik is dit ‘n gevoel van opgewonden­heid, maar defnitief ook van dankbaarhe­id. My ma sê altyd dis genadebede­rf van bo. Dit was vir my lekker om te weet ek verteenwoo­rdig my skool maar ook my dorp, Mosselbaai, in dié kompetisie. Ek kon met trots daar staan en in nederighei­d my toekenning ontvang.

 ?? ?? Fanie Keyser
Fanie Keyser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa