Mossel Bay Advertiser

Hekka en Corrie se beste word vir laaste gebêre

-

Hekka Fourie het die afgelope naweek bewys dat hy nog genoeg petrol in die tenk oor het om tydens die Eden Wedvlugdui­we Federasie se laaste wedvlugte van die 2023-seisoen na 'n hoër rat oor te skakel.

Dié wedvlugte het vanaf Strydenbur­g (480km) plaasgevin­d. Hekka klop Corrie Naude in die Mosselbaai-klub se ope 1 wedvlug met ses sekondes. Die rolle word egter in die ope 2 wedvlug omgeruil met Corrie wat die eerste plek met sewe sekondes voor Hekka wegraap. Die sprint-wedvlug wat ook vanaf Strydenbur­g plaasgevin­d het, word deur Danie Barnard oorheers. Hy neem die eerste drie plekke asook 'n verdere vyf plekke onder die top-20 plekke in.

Tashinga Kadye wen beide die junior wedvlugte.

Uitslae

Ope 1: Hekka Fourie (1); Corrie Naude (2, 14, 18, 22, 23); Gillroy (3, 9); Boshoff RPL (4, 17, 27); Barnard Lofts (5, 8, 10, 11, 13, 26); Anouk (6, 12); Mollentze Hokke (7, 15. 25); Alfie Ladson (19); Le Grange Hokke (20, 21); 4 J Lofts (28); Sinkfontei­n Hokke (29); Daan Stander (30).

Ope 2: Corrie Naude (1, 15, 16, 25, 26); Hekka Fourie (2, 6, 21); Barnard Lofts (3, 7, 9, 12, 19, 29, 30); Gillroy (4, 8, 11, 22, 23, 28); Capes Lofts (5); Van Eeden Lofts (13); Boshoff RPL (17, 18); Parkeneers (27). Sprint: Barnard Lofts (1, 2, 3, 5, 6, 9, 10, 11); Gillroy (4, 7, 8, 12, 13, 20); Capes Lofts (14, 15, 18); Boshoff RPL (16, 17, 19). Juniors ope 1: Tashinga Kadye (1, 5); Zante Strydom (2, 6, 7, 8, 10); Marzaan van der Linde (3, 9); JW Schutte (4).

Juniors ope 2: Tashinga Kadye (1, 2, 8, 9); JW Schutte (3); Zante Strydom (4, 6, 7); Marzaan van der Linde (5, 10).

 ?? ?? Marzaan van der Linde het die Hopetown ope 2 wedvlug verlede naweek met die duifie van haar gewen.
Marzaan van der Linde het die Hopetown ope 2 wedvlug verlede naweek met die duifie van haar gewen.
 ?? ?? Verlede naweek se ope 1 wedvlug vanaf Hopetown is deur Wessel van Dyk van Parkeneers gewen.
Verlede naweek se ope 1 wedvlug vanaf Hopetown is deur Wessel van Dyk van Parkeneers gewen.
 ?? ?? Hekka Fourie het die beste vir laaste gelos en wen die ope 1 wedvlug vanaf Strydenbur­g.
Hekka Fourie het die beste vir laaste gelos en wen die ope 1 wedvlug vanaf Strydenbur­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa