Mossel Bay Advertiser

Eerste Trekfees lok 258 toutrekker­s vanoor wye gebied

-

Die Trekfees, wat vir die eerste keer aangebied is as deel van die Mosselbaai Sport- en Rekreasief­ees, het Vrydagaand, 20 Oktober, afgeskop met die internasio­nale skeidsregt­er, Melanie Smith, wat 'n beampteen skeidsregt­er-kursus aangebied het.

Die kursus was vir onderwyser­s, beamptes, aspirant-skeidsregt­ers én afrigters van Eden. Terwyl die kursus aan die gang was, het spanne van buite die Eden-distrik by die koshuis van die Hoërskool Punt hul intrek geneem.

Spanne, wat in aksie was, het ingesluit kombinasie­s van

Pirates Kimberley, Landboudal, Jacobsdal, Swellendam Sekondêr en Robertson. Uit Eden se geledere was daar Oakdale, Shalom van Ladismith, Oudtshoorn Vaardighei­dskool en Van Kervel Skool.

In totaal was daar 258 toutrekker­s en nagenoeg 50 beamptes en afrigters.

Die konsep waarvolgen­s die fees plaasgevin­d het, is geskoei op die GENSB toernooi. GENSB is 'n toernooi wat in Europa gestig is deur "Germany, England, Netherland­s, Switzerlan­d en Belgium". Daarom staan dit sò bekend. Daar neem jaarliks nagenoeg 50 Internasio­nale spanne daaraan deel.

Eden Toutrek het egter dit so verander dat byna al die deelnemer op ‘n gepaste manier beloon was. Daar was vyf afdelings, die groot kampioene, plaat-, Bowl, Edenuitdaa­g en die skild trofee’s waarvoor spanne deelgeneem het.

Oakdale het soos verwag, as die groot

kampioen uit die stryd getree.

Twee baie belangrike trofeë was egter die Brakbak- en Katbak Trofeë wat vir beste “Gees” en oorspronkl­ikste kleredrag toegeken was en Robertson en Pirates het dit onderskeid­elik gewen.

Met die goedgunsti­ge ondersteun­ing van Mosselbaai-munisipali­teit en Eden Toutrek Federasie (EDF), het atlete in al die afdelings medaljes verower.

Die Departemen­t van Kultuursak­e en

Sport (DCAS), het vir die trekfees toue geborg as deel van hul bydrae en vir die wenspan (Oakdale), is een van die toue gegee. Met ‘n gelukkige wenner loting gedoen vir die ander tou, het Robertson gewen. Die derde tou het Eden Toutrek Federasie aan ‘n beginner Laerkool geskenk.

Mosselbaai sportfees, Mosselbaai Munisipali­teit, Die Punt Hoërskool saam met Eden Toutrek het hierdie wonderlike kompetisie moontlik gemaak.

 ?? ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Die span van Oakdale het as algehele wenners uit die stryd getree en ontvang hier die skildtrofe­e.
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Die span van Oakdale het as algehele wenners uit die stryd getree en ontvang hier die skildtrofe­e.
 ?? ?? The team, Pirates, from Kimberley.
The team, Pirates, from Kimberley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa