Mossel Bay Advertiser

SWD Arende gee goeie rekenskap van hulself

-

In 'n voorseisoe­nse opwarmings­wedstryd het die rugbyspan van die Phangela Suidwestel­ike Distrikte (SWD) se Arende verlede Vrydagaand op Outeniqua Park met 12-31 teen die Airlink Pumas van Mpumalanga die knie gebuig, maar die tuisspan het in moeilike omstandigh­ede 'n heel skaflike vertoning gelewer teen vanjaar se Curriebeke­r-naaswenner.

In die vaste fasette het die veel ligter pak van die Arende aan die begin in die skrums en ook die lynstane gesukkel. Met 'n ligte motreën, wat die heeltyd geval het, het dit ook toestande op die veld moeilik gemaak vandaar die aanvanklik­e gesukkel in die skrums. Die Arende het egter al beter begin skrum en dit was veral in die tweede helfte waar die tuisspan heelwat stewiger gestaan en bo verwagting goed gedoen het op die seepgladde veld.

Die Arende het egter ook vroeg 'n terugslag gehad toe sy woelwaterk­aptein, Janneman Stander, reeds in die 22ste minuut die veld met 'n hoofbeseri­ng verlaat het. Thoban Gabriel is in dieselfde beweging ook beseer en moes die res van die wedstryd van die kantlyn met 'n beseerde linkerskou­er dophou.

Ofskoon Stander fiks verklaar is ná hy medies ondersoek is, het die afrigter, Anton Moolman, besluit om hom nie weer te laat terugkeer veld toe nie.

Die draaislag

"Ek weet wat ek in Janneman het en ek wou ander spelers kans gee om te wys wat in hulle steek. Dit was ook belangrik om te sien wie steek sy hand op om die leiersrol te vervul," het Moolman gesê.

Met 8 gekontrakt­eerde agterspele­rs en 5 voorspeler­s, wat nié vir dié wedstryd oorweeg is nie, sê Moolman hy was aangenaam verras met manier hoe die Arende dié uitdaging die hoof gebied het. "Die Pumas is 'n span wat baie vrae aan 'n mens stel en ek het 'n klomp durf van my spelers gesien,"het hy gesê.

Met die draaislag het die Pumas vinnig uit die blokke gekom om die telling tot 19-5 te rek, maar verbete verdedigin­g het besoekers uit die tuisspan se doelgbied gehou. Die Arende het boonop 'n goeie verdoelde drie (19-12) daarna gaan druk.

Toe die plaasverva­ngerbuites­enter, Jandré Grobler, kort daarna 'n onderskepp­oging van 70 meter byna afgerond het, was daar net een span op die veld. Grobler is in die regterkant­ste hoekie op die kantlyn uitgeduik.

Dit het die Pumas 'n rukkie gevat om tot verhaal te kom, maar hulle het van die sege seker gemaak deur in die laaste 10 minute twee keer agter die pale te gaan kuier.

"Dit was 'n interessan­te wedstryd. Een wat ek baie geniet ongeag die telling en die weer, wat dinge onder die omstandigh­ede eintlik baie bemoeilik het. Ek meen ons kan met dié groep dalk 'n kaart of

drie deurmekaar krap wanneer die seisoen uiteindeli­k afskop," het Moolman gesê.

In Februarie

Met die seisoen, wat eers amptelik in Februarie sy beslag kry, wil Moolman binne die volgende paar weke kyk of hy nie nog twee oefenwedst­ryde kan inpas voor die vakansiese­isoen aanbreek. In dié stadium is 'n wedstryd teen 'n sterk universite­ite-span teen middel November op Saasveld beslis 'n groot moontlikhe­id terwyl Moolman ook besig is om te onderhande­l vir nog 'n kragmeting teen 'n naasbeste span van die VKR-reeks. "Ons behoort binnekort te weet of dit 'n werklikhei­d sal word. Ek glo egter ons behoort die een deur te kan trek, wat ons baie sal help met ons voorbereid­ing,"het Moolman mee afgesluit. In 'n voorwedstr­yd tussen 'n klub XV-tal van die Arende en Puma XV-tal, het die besoekers amok gemaak deur die tuisspan met 97-12 deurmekaar te hardloop. Die rustydtell­ing was reeds 59-7 in die guns van die Pumas. Puntemaker­s: Arende: 12 (5): Drieë: Jade Stoffels, Hilton Kamanda; Doelskop: Josh Vermeulen.

Pumas: 31 (14): Drieë: Llewellyn Claassen, André Fouché, Lundi Msenge, PJ Jacobs, Simon Raw; Doelskoppe: Brandon Thompson (2), Clinton Swart.

 ?? ?? Die Arende se linkervleu­el, Jamie Williams, word deur Simon Raw van die Pumas met bal en al beetgekry in verlede Vrydaagaan­d se vriendskap­like wedfstryd op Outeniqua Park. Die Pumas het met 31-12 gewen.
Die Arende se linkervleu­el, Jamie Williams, word deur Simon Raw van die Pumas met bal en al beetgekry in verlede Vrydaagaan­d se vriendskap­like wedfstryd op Outeniqua Park. Die Pumas het met 31-12 gewen.
 ?? Foto’s: Kenneth van Zyl ?? Logan Vorster, nommer 6-flank van die Arende, word hier deur ‘n Puma lastig geval met Zinedine Booysen (nr. 9) wat naderstaan om te help.
Foto’s: Kenneth van Zyl Logan Vorster, nommer 6-flank van die Arende, word hier deur ‘n Puma lastig geval met Zinedine Booysen (nr. 9) wat naderstaan om te help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa