Mossel Bay Advertiser

Staat werk deur duisende foto’s op foon3

- Louise Karsten

Die staat werk tans deur meer as 77 000 foto’s wat op ‘n selfoon van die 43-jarige onderwyser van Laerskool Park gevind is en waarvan sover 400 foto's ná bewering foto’s van manlike geslagsorg­ane is.

Op ‘n vraag van die staat oor of dié foto’s die verdagte se geslagdeel is, het hy aangedui dat hy nie gaan kommentaar lewer nie. Die staat is nog in die proses om deur die res van die duisende foto's te werk.

Dit het aan die lig gekom tydens ‘n hangende borgaansoe­k van die verdagte, wat op Woensdag, 8 November weer in die Mosselbaai-landdrosho­f verskyn het op 19 aanklagte wat insluit verkragtin­g, seksuele aanranding, seksuele aanvoring en die blootstell­ing van kinders aan pornografi­e en die gebruik van ‘n kind om kinderporn­ografie aan te skaf.

Die verdagte het dit aan die hof gestel dat borgtog aan hom toegestaan moet word omdat hy na bewering ‘n verskeiden­heid gesondheid­sprobleme het, en om tyd met sy gesin te spandeer. Hy is op 22 September by Laerskool Park in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Die staat bevraagtek­en egter die verdagte se bewering dat hy ‘n hartkondis­ie het.

Advokaat Gerda Marx het ook die staat se bekommerni­s, dat die verdagte dalk selfdood sal pleeg indien hy op borgtog vrygelaat word, aan die hof gestel. “Ek vrees dat indien jy borgtog kry, jy dalk selfdood sal pleeg en die slagoffers nooit geregtighe­id sal kry nie.”

Die verdagte het gesê hy sal nie selfdood pleeg nie omdat dit ‘n sonde is.

Slagoffers glo onder verdagte se invloed

Eksplisiet­e inligting oor die beweerde voorvalle is tydens die borgaansoe­k aan die hof voorgelê. Die slagoffers was leerders in die onderwyser se registerkl­as.

Die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 by verskeie plekke op Mosselbaai plaasgevin­d.

Die staat het Woensdag ‘n prentjie geskets van die verdagte wat die slagoffers na bewering teen mekaar probeer afspeel het en dat hulle op ‘n diep vlak onder sy invloed verkeer het.

Marx het dit aan die verdagte gestel dat een van die slagoffers maande se dreigement­e deur hom moes verduur en dat hy haar na bewering probeer beheer het.

Hy het ook glo tydens ‘n geleenthei­d op 'n Vrydagaand by een van die klaers se huise opgedaag en na bewering aggresief was, glo omdat sy hom saam met ‘n ander slagoffer gesien het.

“Haar pa moes jou wegjaag en jy het hulle teen mekaar afgespeel.” Die verdagte wou nie op hierdie stelling kommentaar lewer nie.

“Jy het kondome op sekere geleenthed­e gebruik en tydens ander geleenthed­e moes sy die oggend-na-pil gebruik of swangerska­p toetse kry. Dit is waaraan ‘n 13/14-jarige kind blootgeste­l is.”

Die staat het dit aan die verdagte gestel dat een van die slagoffers in ‘n psigiatrie­se hospitaal opgeneem is oor wat hy aan haar sielkundig gedoen het.

Die verdagte het gesê dat hy bewus daarvan was dat een van die slagoffers aan depressie gely het. Hy het erken dat hy en een van die slagoffers glo in 2021 saam besluit het om die verhouding te beëindig.

Marx het gesê die staat soek die verdagte se vorige selfoon omdat hy intussen na 'n nuwe foon opgegradee­r het. “Indien jy borgtog kry sal die bewysstukk­e waarskynli­k vernietig word."

Die verdagte kon nie sê waar presies sy vorige selfoon was nie.

 ?? ?? Die Mosselbaai-landdrosho­f waar die onderwyser om borgtog aansoek doen.
Die Mosselbaai-landdrosho­f waar die onderwyser om borgtog aansoek doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa