Mossel Bay Advertiser

Harte aangeraak by Caritas-funksie

-

Saterdag, 4 November, was die Caritas Care Mosselbaai se jaarlikse fondsinsam­elingsfunk­sie. Caritas, ‘n niewinsgew­ende organisasi­e (NWO) bied kursusse in naratiewe terapie aan.

Die kuieroggen­d het in die NG Moedergeme­ente (Klipkerk) saal op Mosselbaai plaasgevin­d. Die saal was gevul met pastorale narratiewe studente, oudstudent­e, terapeute, potensiële pastorale narratiewe studente vir 2024 en vriende.

Elsabet Louw het haar storie van “Heling en Heil” gedeel en almal se hart kom aanraak.

Min het Louw se pa geweet dat sy skrywe, in sy doktorale proefskrif in 1985, jare later Heling en Heil sal bring vir sy eie dogter se trauma.

Marilette Lotz Geldenhuys se liedjie, Hoop wat oorloop, (spesiaal vir Elsabet geskryf) het die oggend mooi bymekaar gevat … dat daar altyd hoop is.

Elsabet en Marilette was nou vir twee jaar klasmaats gewees terwyl hul die pastorale narratiewe kursus gedoen het.

As jy deel van die Caritas Care-familie wil word, en meer oor dié lewensvera­nderende kursus wil uitvind, kontak Stefanie Minnaar (082

900 9302) van Caritas.

Caritas bedank hulle gasvroue, borge en uitstaller­s.

Hoop wat oorloop

Ek het hoop wat oorloop.

Wat uitkring en bly kring.

En lewe bring.

Ek het hoop wat ver sien.

O ek weet daar is ‘n toekoms vir my.

Ek het hoop gekry.

(Marilette)

Heling en Heil

Daar is heling vir jou as jou oog ‘n oog ontmoet.

Daar is heil in die oog wat met deernis groet.

Daar is heling vir jou as iemand na jou met liefde luister.

Daar is heil in die saamluiste­r wanneer die liefde fluister.

Daar is heling vir jou wanneer iemand in jou skoene kom staan.

Daar is heil in die saamloop van vier voete op die Woord se baan.

Daar is heling vir jou as jou mond die waarheid praat.

Daar is heil as jou mond versoening vind met jou maat.

Daar is heling vir jou as jou hand ‘n hand kan vind.

Daar is heil as twee hande eg in die eg

verbind.

Daar is heling vir jou as jy positief dink en doen.

Daar is heil vir twee as jy opreg met iemand versoen.

Daar is heling in gebed as jy deurkom na die anderkant.

Daar is heil in gebed as jou hart van opwinding brand.

Daar is heling in die Woord as jy die Woord laat praat.

Daar is heil in die Woord as jy dit kan laat leef op straat.

Daar is heling en heil in die wonde van Jesus. As jy dit kan glo en beleef met jou hele wese. (Dr JH Burger, 1985)

 ?? ?? Die funksie is goed bygewoon.
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Die funksie is goed bygewoon. Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
 ?? ?? Stefanie Minnaar van Caritas.
Stefanie Minnaar van Caritas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa