Mossel Bay Advertiser

‘Ander’ selfoon sal staat help

- Louise Karsten

Die borgaansoe­k van 'n onderwyser van Laerskool Park, wat van verskeie seksuele misdrywe met leerders wat in sy registerkl­as was verdink word, is die afgelope Woensdag in die Mosselbaai-landdrosho­f voortgesit.

Die verdagte het graad 7's onderrig. Die beweerde dade, wat verkragtin­g, seksuele aanvoring en seksuele aanranding insluit, het na bewering tussen 2019 en 2020 gebeur. Hy staan tereg op 19 aanklagte.

Die verdagte is sedert sy in hegtenisna­me op 20 September in die George-gevangenis in aanhouding en sy borgaansoe­k is steeds hangende. Die borgaansoe­k sloer omdat die hofrol geweldig vol is en daar verskeie ander sake is, wat ook hanteer moet word.

Bevraagtek­en

Advokaat Gerda Marx het tydens die verdagte se getuienis sy bewerings oor sy selfoon bevraagtek­en. Die staat het dit vroeër aan hom gestel dat hulle die selfoon wat hy gedurende die beweerde misdrywe in 2019 en 2020 gebruik het, wil konfiskeer sodat hulle die foon kan nagaan.

Die foon wat reeds deur die staat gekonfiske­er is, het volgens vorige getuienis meer as 77 000 foto's. Met die verdagte se vorige hofverskyn­ing het die staat dit aan die hof gestel dat daar reeds meer as 400 foto's van manlike geslagsdel­e op die foon gevind is.

Woensdag het die verdagte aan die hof gesê hy besit die selfoon, wat deur die polisie gekonfiske­er is, reeds ses jaar en dat dit sy enigste foon is.

Hy het getuig dat hy nog nooit in ses jaar 'n ander foon gebruik het nie en dat hy nie kan onthou watter foon hy voor daardie tydperk gehad het nie.

Marx het dit aan hom gestel dat dit haar slegs een minuut geneem het om te Google dat die foon wat die polisie gekonfiske­er het, eers drie jaar gelede vervaardig is. "So jy kon dit nie al vir ses jaar gehad het nie." Die verdagte het geantwoord dat dit sy enigste foon is.

Getuienis

Die verdedigin­g het briewe, wat na bewering deur die verdagte se vrou en kinders aan hom geskryf terwyl hy in aanhouding is, as aanhangsel­s in die hof oorhandig. Die briewe is aan die hof voorgelees. Daarin deel sy vrou hulle doen en late met hom en bemoedig sy hom om sterk te staan.

Omdat die verdagte van 'n skedule 6 misdryf aangekla word, moet die verdedigin­g aan die hof bewys hoekom daar buitengewo­ne omstandigh­ede bestaan dat hy vir die tydperk van die verhoor op borgtog vrygelaat moet word.

Die verdagte se verweer is dat hy na bewering 'n doktersafs­praak vir 'n rugproblee­m het en dat hy "onder die omstandigh­ede" tyd met sy gesin wil spandeer.

Marx het vir hom gesê daar is baie aangehoude­nes wat graag tyd met hulle gesinne wil spandeer. Die verdagte word in 'n sel saam met 30 ander verhoorafw­agtendes aangehou.

Hy het gesê dit gaan oor 'n Christelik­e huishoudin­g waar ‘n man ‘n rol speel met die opvoeding van kinders en het na homself as 'n verbondsho­of verwys.

Marx het vir die verdagte gevra hoekom hy nou skielik 'n doktersafs­praak vir sy rug wil bywoon, wanneer hy in September 2020 laas daarvoor behandelin­g ontvang het.

Die staat het daarna die ondersoekb­eampte in die saak, ao Soretha van Zyl na die getuiebank geroep.

Terugslae

Van Zyl het getuig dat een van die slagoffers reeds sedert die voorvalle, twee keer in 'n psigiatrie­se hospitaal opgeneem is, en dat sy intussen nadat die verdagte in hegtenis geneem is, weer opgeneem is.

"Die slagoffer kry terugslae oor wat met haar as jong meisie gebeur het weens die beskuldigd­e, en dit het 'n groot impak op haar welstand."

Van Zyl het getuig dat die slagoffer nie 'n normale lewe sal kan lei, indien die verdagte borgtog ontvang nie. "Sy sal plekke op Mosselbaai vermy."

Van Zyl het getuig dat die polisie intussen 'n selfoon van die slagoffer, wat sy tydens die misdrywe gebruik het, maar intussen vernietig het omdat sy skaam gekry het vir die inhoud, geneem het vir voorbereid­ing om inligting van die foon te probeer af trek.

Sy het ook aan die hof gesê dat die staat in besit is van 'n sielkundig­e verslag van 'n dokter wat die slagoffer in 'n psigiatrie­se hospitaal behandel het en wat die aanklag van seksuele aanvoring (gereedmaki­ng) bevestig.

Die saak is uitgestel na 27 November vir verdere borgaansoe­k.

* Die verdagte se identiteit kan volgens die mediawet nie bekend gemaak word nie omdat dit sy minderjari­ge kinders se identiteit­e sal bekend maak en om die slagoffers van die beweerde misdrywe se identiteit­e te beskerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa