Mossel Bay Advertiser

– wêreldwyd

-

Die Isuzu Ironman 70.3-byeenkoms, wat in 2022 vir die eerste keer op Mosselbaai gehou is, was 'n dawerende sukses. Nie net was inskrywing­s maande voor die byeenkoms uitverkoop nie, maar opnames ná die byeenkoms het getoon dat atlete Mosselbaai as een van die top drie gashere vir hierdie wêreldbeke­nde kompetisie beskou.

Met 'n yslike 97.62% – ‘n totaal bereken nadat deelnemers 'n tevredenhe­idsvraelys voltooi het om hul ervaring in verskeie Ironman-lokale te beoordeel – was Mosselbaai met breukdele van 'n punt agter Port Macquarie in Australië (98.14%) en Chattanoog­a in die VSA (98.09%).

Dit is geen geringe prestasie vir 'n nuwe gasheerdor­p nie, en dien as motivering vir almal wat betrokke is met die voorbereid­ings vir vanjaar se geleenthei­d op Sondag, 19 November. Die projekbest­uurder van Ironman Events, Werner Smit, is verantwoor­delik vir die organisasi­e en kan nie wag om vanjaar se Ironman-deelnemers weer eens te verwelkom nie.

“Duisende opgewonde atlete en hul ondersteun­ingspanne en gesinne het verlede jaar by ons aangesluit vir die eerste Ironman op Mosselbaai, en die groot skares het die strande en strate ingevaar om atlete op die groot dag te ondersteun,” sê Smit.

Hy voeg by dat, volgens die 2022-opname, 75.75% van die atlete aangedui het hulle beplan om terug te keer na Ironman 70.3 Mosselbaai. As dié ikoniese omgewing in ag geneem word, sal baie van dié besoekers waarskynli­k hul Mosselbaai-verblyf ná wedloopdag te verleng, met 'n groot gros van vanjaar se deelnemers wat brand om meer van die dorp se unieke aanbieding­e te verken.

Dit is wat gebeur wanneer jou aanvanklik­e ervaring so onvergeetl­ik is dat dit eenvoudig herhaal moet word. Sommige van die indrukke wat in die opname gedeel is, sluit in:

Die uitdaging? Ek het daarvan gehou dat dit so taai was! Ek is LIEF vir die area en die plaaslike inwoners het regtig uit hul pad uit gegaan om dit vir ons aangenaam te maak. Hul ondersteun­ing het ons gedra deur beide die fiets- en die hardloop-seksies, waar die ondersteun­ing fenomenaal was. Mens kan sien dat Mosselbaai regtig oorgehaal was om ons te verwelkom en dit word opreg waardeer.

Ek was mal oor die skare se energie en ondersteun­ing. Verkeersbe­heer was deurgaans ongeloofli­k. Die vrywillige­rs en Ironman-personeel was wonderlik. Oor die algemeen, 'n baie goeie ervaring.

Wat 'n atmosfeer, en so goed georganise­er! Die kommentato­r was puik en die swem was seker die beste ooit!

Die einde van byeenkomst­e soos dié is altyd ‘n hoogtepunt en die registrasi­e was ongeloofli­k. Die roete langs die see was 'n lekker verrassing en strate rondom die eindpunt was gevul met groot getalle ondersteun­ers.

Afgesien van blootstell­ing vir toerisme en ondersteun­ing van liefdadigh­eidssake, bied die Isuzu Ironman 70.3 Mosselbaai ook geleenthed­e vir gemeenskap­sbetrokken­heid en opheffing deur vaardighed­e oor te dra aan talentvoll­e jong medewerker­s van Mosselbaai en sy omstreke. Meer as 1 000 vrywillige­rs het hand bygesit by die 2022-geleenthei­d.

"Vrywillige­rs vorm 'n integrale deel van Ironman-byeenkomst­e en atlete van regoor die planeet beskou Suid-Afrikaanse vrywillige­rs as die heel beste ter wêreld," straal Smit, trots op die feit dat die menslike faktor net so goed vaar soos Mosselbaai se natuurlike skoonheid en tallose toeristetr­ekpleister­s.

Besoek www.ironman.com/im703-mosselbay vir besonderhe­de oor registrasi­e, roetes en kategorieë, en om in te skryf. Skakel 044 691 2202 of klik op www.visitmosse­lbay. co.za om jou verblyf in Ikoniese Mosselbaai vas te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa