Mossel Bay Advertiser

Wapenstils­tanddag herdenk

-

‘n Parade ter herdenking van Wapenstils­tanddag (ook bekend as Poppy Day), wat die beëindigin­g van vyandige optrede tussen die Sentrale Magte (Duitsland, Oostenryk-Hongarye en Ottomaanse Statebond) en die Geallieerd­e Magte (Serbië, Rusland, Frankryk, Italië, Brittanje en die VSA) op 11 November 1918 herdenk, is op Sondag, 12 November, aangebied deur die Memorable Order of Tin Hats (MOTH). Die parade is georganise­er deur die plaaslike MOTH bomgat, Blaize Away.

Almal was dit eens dat die parade, wat goed bygewoon is, ‘n groot sukses was.

Die parade is bygewoon deur lede van MOTH van so vêr as Sabie asook lede van verskeie militêre veterane-organisasi­es, openbare diensorgan­isasies, siviele organisasi­es en die algemene publiek. Raadshere Anton Dellemijn en Niklaas Booisen het die munisipale raad van Mosselbaai verteenwoo­rding. Raadsheer

Dellemijn het ook die gaste toegespree­k en die belangrikh­eid van vrede beklemtoon.

Tydens die parade is die name van inwoners van Mosselbaai wat hulle lewens afgelê het in oorloë vanaf die Eerste Wêreldoorl­og tot die konflik In Irak uitgelees. ‘n Besondere toevoeging tot die verrigting­e was die insluiting van seremoniël­e kanonvuur.

Verteenwoo­rdigers van verskeie oganisisas­ies het kranse gelê tydens die parade, onder wie raadshere Anton Dellemijn en Niklaas Booisen.

Blaize Away bomgat bedank almal wat bygedra het tot die suksevolle aanbieding van die parade, asook almal wat die parade bygewoon het.

*Die amptelike naam van dié dag was in Brittanje van 1921 tot 1930 "Armistice Day" waarna dit na "Remembranc­e Day" verander is. Amerika het tot 1954 volgehou met "Armistice Day" waarna dit toe verander is na "Veterans Day".

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa