Mossel Bay Advertiser

Familie ontevrede met moordvonni­s

- Louise Karsten en Dexter Brinkhuis

Die familie van Kirsty James (27) is ontevrede met die vonnis wat Fallon Edwards (32) Dinsdag na 'n pleitooree­nkoms met die staat in die Mosselbaai-streekhof opgelê is.

Edwards het skuld erken op 'n aanklag van moord.

James is op 17 Oktober by haar werkplek in Springstra­at 64 keer met 'n mes toegetakel. Sy het op pad na 'n Mosselbaai hospitaal aan haar wonde beswyk.

Edwards, wat as James se boesemvrie­ndin beskryf is, is kort na die moord in hegtenis geneem.

James het voltyds by NDK Valuers gewerk, maar Edwards was nie voltyds aangestel nie.

Hoewel die bewering was dat Edwards glo bedrog met die maatskappy se kredietkaa­rt gepleeg het en die vermoede bestaan het dat Kirsty haar werkgewers daaroor ingelig het, beweer Edwards in haar pleitooree­nkoms dat dit Kirsty was wat bedrog gepleeg het.

Sy sê in haar pleitooree­nkoms dat Kirsty haar eerste met ‘n mes aangeval het, sy die mes by Kirsty afgeneem en haar toe met die wapen begin steek het.

Die staat het Edwards se pleitooree­nkoms aanvaar en het gesê die feit dat sy skuld erken dien as versagtend­e omstandigh­ede. Sy is ook ‘n eerste oortreder en het twee jong kinders.

Edwards is tot effektief 15 jaar gevangenis­straf gevonnis.

Kirsty se ma, Marion Bruinders het aan die Mossel Bay Advertiser ná afloop van die vonnisople­gging gesê die gereg het haar en haar familie gefaal. "Dit het baie seergemaak om te hoor dat my oorlede dogter as 'n leuenaar uitgekryt is."

Bruinders het gesê sy vind dit ironies dat die hof as strafversa­gting melding gemaak het van Edwards se twee kinders, maar nie in ag geneem het dat James se dogter sonder 'n ma moet grootword nie.

 ?? ?? Familie van die oorledene, Kirsty James is: Liezel Bruintjies, Marion Bruinders, Charne James, Leon James, Delores James en Dawn Saayman.
Familie van die oorledene, Kirsty James is: Liezel Bruintjies, Marion Bruinders, Charne James, Leon James, Delores James en Dawn Saayman.
 ?? ?? Kirsty James
Kirsty James

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa