Mossel Bay Advertiser

Ervaar Handel se Messiah soos nog nooit tevore

-

’n Baie unieke uitvoering van Handel se oratorium Messiah is in Desember op Oudtshoorn te sien.

Handel se Messiah is een van die mees uitgevoerd­e koorwerke in Westerse klassieke musiek en geniet sedert die 1742-première daarvan gereelde uitvoering­s.

Op Vrydag, 8 Desember, om

18:00 kan gehore op Oudtshoorn ’n terugkeer na die weergawe van die oratorium se eerste uitvoering­s in Dublin op 13 April en 3 Junie 1742 ervaar. Die Kaapstadse Barokorkes (CTBO), onder Erik Dippenaar se leiding vanaf die klavesimbe­l, deel die verhoog met sangers van Lutesong Consort.

Volgens Dippenaar kan die gehoor soortgelyk­e musikale inkleding aan daardie eerste uitvoering­s verwag. “Die gehoor kan uitsien na barok-strykinstr­umente en continuo, baroktromp­ette en -keteltromm­e, asook ’n ensemble van 12 profession­ele sangers wat die solos sowel as die koordele sing, asook ’n terugkeer na die kleinskaal­se kamermusie­k-gevoel van die eerste uitvoering­s.”

Die 12 sangers, almal lede van die barok vokale ensemble Lutesong Consort, is Lynelle Kenned, Elsabé Richter en Louise Howlett (soprane), Lente Louw, Nick de Jager en Minette du Toit-Pearce (alte), Jason Atherton, Willem Bester en Levi Alexander (tenore) en Aubrey Lodewyk, Keaton Manwaring en Patrick Cordery (basse). Die bekende Oostenryks­e barok-trompetspe­lers Raphael Pouget en Julian Ritsch sluit ook by hulle aan. Pouget keer nou vir ’n derde keer na Suid-Afrika terug om saam met die CTBO te werk, ná vorige optredes by die Kaapstadse Barokfees in 2018 en 2019.

“Hierdie is ’n belangrike gebeurteni­s in die geskiedeni­s van Messiah se uitvoering in Suid-Afrika, aangesien die volledige 1742 Dublin-weergawe baie selde hier op barokinstr­umente uitgevoer word. Sluit by ons aan vir Messiah soos jy dit nog nooit vantevore gehoor het nie,” sê Dippenaar.

Die uitvoering van hierdie geliefde oratorium word deur die Mzansi Nasionale Filharmoni­ese Orkes, die KKNK en Klein Karoo Klassique ondersteun, en is op Vrydag, 8 Desember, om 18:00 by die

Burgersent­rum op Oudtshoorn te sien.

Kaartjies is aanlyn by Webtickets, of by Pick n Pay beskikbaar, met pryse vanaf R100 per kaartjie. Vir meer inligting, kontak die KKNKkantoo­r by 044 203 8600, stuur ’n e-pos na info@kknk.co.za of ’n WhatsApp na 065 285 2337.

Die 28ste KKNK word van 23 tot 31 Maart 2024 op Oudtshoorn aangebied, met die 15de Klein Karoo Klassique wat van 9 tot 11 Augustus 2024 op Oudtshoorn plaasvind.

’n Kort geskiedeni­s van Handel se

George Frideric Handel het in 1741 na Dublin gereis om ’n reeks konserte aan te bied, wat so suksesvol was dat ’n tweede reeks kort daarna gereël is. Vroeg in Maart die volgende jaar het Handel begin met voorbereid­ings vir ’n liefdadigh­eidskonser­t wat in April 1742 aangebied sou word. Hy het besluit om die première van sy nuwe oratorium Messiah, wat tussen Augustus en September 1741 gekomponee­r is, daar aan te bied.

Messiah is gereeld tydens Handel se leeftyd uitgevoer en hy het vir bykans elke uitvoering van die werk verskeie veranderin­gs daaraan gemaak.

 ?? ?? Handel se Halie Messiah tydens ‘n vorige optrede by die Kaapstadse Barokfees.
Sopraan, Lynelle Kenned.
Handel se Halie Messiah tydens ‘n vorige optrede by die Kaapstadse Barokfees. Sopraan, Lynelle Kenned.
 ?? ?? Tenoor, Jason Atherron.
Tenoor, Jason Atherron.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa