Mossel Bay Advertiser

Bennie en Calie keil mekaar in sterk wind op

-

Agt skuts het verlede Saterdag se wind trotseer om aan die Novembersk­ietkompeti­sie van die Neill Calitz Skietklub deel te neem.

Twee van die klub se top-skuts, Bennie van den Heever en Calie Brown, het mekaar behoorlik opgekeil. Bennie klop Calie met slegs een punt om as skut van die dag aangewys te word met Hannes Ingram derde, Gerrie Bester vierde en Donovan Day vyfde. Uitslae

.22 oor 10m: 1. Calie Brown; 2. Gerrie

Bester; 3. Bennie van den Heever; 4. Hannes Ingram; 5. Ivan Maddison; 6. Liam Brown;

7. Waldi Lubbe; 8. Donovan day.

.22 oor 20m: 1. Donovan Day; 2. Bennie van den Heever; 3. Hannes Ingram en Calie Brown; 5. Gerrie Bester; 6. Waldi Lubbe; 7. Ivan Maddison; 8. Liam Brown.

.22 snelvuur oor 20m: 1. Bennie van den Heever; 2. Hannes Ingram; 3. Gerrie Bester;

4. Ivan Maddison; 5. Donovan Day; 6. Calie Brown; 7. Waldi Lubbe; 8. Liam Brown. 10 - 20m metaal silhoeëtte: 1. Bennie van den Heever, Calie Brown, Donovan Day en Ivan Maddison; 5. Waldi Lubbe en Hannes Ingram; 7. Gerrie Bester; 8. Liam Brown. 9mm oor 10m: 1. Calie Brown; 2. Gerrie Bester; 3. Hannes Ingram; 4. Bennie ven den Heever; 5. Donovan Day; 6. Ivan Maddison; 7. Waldi Lubbe.

Woensdag

Tydens Woensdag, 15 November, se skietoefen­ing het Suzette Herrer die manne met die .22 oor 10m uitgestof met haar 97/100. Tweede was Calie Brown met (95) en derde Ivan Maddison (94), gevolg deur Waldi Lubber (89), Gerrie Bester en Liam Brown (84) en Rob Cumming (83).

Calie het egter die bordjies oor die 20m verhang deur die beste telling (79) aan teken. Tweede was Suzette en Ivan (73), vierde Waldi en vyfde Gerrie.

Calie skiet ook die beste met die 9mm. Gerrie is tweede en Ivan derde.

Vir enige navrae oor die klub, kontak Suzette Herrer by 082 478 8090.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa