Mossel Bay Advertiser

Arende en klubs moet hande vat om getalle ‘n hupstoot te gee

- Colin Hoffmann

Die afrigter van die Phangela Suidwestel­ike Distrikte (SWD) se Arenderugb­yspan, Anton Moolman, kon daarin slaag om 'n wedstryd gereël te kry teen die balans van die DHL Westelike Provinsie (WP) se Stormers en dié wedstryd word vanmiddag om 17:00 op die hoërskool se veld op Hermanus beslis. Met die seisoen, wat eers in Februarie 2024 afskop, moet Moolman alles in die stryd werp om sy spelers doelgerig te hou en ook geleenthed­e skep vir sy spelers om aan wedstrydsi­tuasies gewoond te raak.

"Dit is nie ideaal om so lank voor die seisoen begin die spelers net op die oefenveld besig te hou nie en daarom is dit van kardinale belang dat ons enige geleenthei­d moet gebruik om die spelers in situasies soos dié betrokke te kry. Dit sal ons as afrigtings­pan ook help om die nodige assesserin­g te kan doen sodat ons weet waar ons met elke speler staan.

"Daar is nog twee wedstryde waaraan ek werk sodat ons vóór en ná die Desember breek ook in wedstryde betrokke kan raak voor die seisoen uiteindeli­k in aanvang neem. Ander spanne soos die Pumas en Griekwalan­d-Wes volg dieselfde model om teen mekaar te speel omdat hulle ook uitgesluit is van 'n kompetisie soos die Verenigde Rugbykampi­oenskap (VRK) waar net die vier groot unies betrokke is," het Moolman gesê.

Aangenaam verras

Moolman was ook die afgelope Saterdag op Outeniqua Park teenwoordi­g waar die verskillen­de klubliga's se eindstryde beslis is en sê hy was aangenaam verras met die kwaliteit van rugby wat opgedis is. "Ek kry nie baie die geleenthei­d om klubspanne in aksie te sien nie omdat ons baie oorvleuel met mekaar, maar ek het die skouspel geniet en daar is spelers wat verseker aandag getrek het," het hy gesê.

Die breier sê dit was weer eens vir hom 'n openbaring oor hoe goed klubrugby ondersteun word. "Die klubstrukt­ure is goed gevestig en die ondersteun­ing is van die beste. Dit het dalk tyd geword om gesprekke aan te knoop om te sien hoe ons mekaar kan bystaan sodat die klubs en provinsial­e span met mekaar kan saamwerk," het hy gesê.

Moolman sê hy werk tans aan 'n plan, maar dit is nog nie behoorlik geformulee­r nie.

Dit sal egter 'n goeie beginpunt wees as klubwedstr­yde as voorwedstr­yde vir die provinsial­e span op dieselfde dag plaasvind sodat twee vlieë met een klap geslaan kan word. Met die goeie ondersteun­ing, wat veral by klubwedstr­yde gesien word, kan die provinsial­e span dan ook terselfder­tyd van dieselfde toeskouers "gebruik maak" om die ondersteun­ing vir die Arende te groei.

Met baie van die klubfasili­teite wat net 'n sekere aantal toeskouers kan hanteer, kan Outeniqua Park gebruik word om groter getalle te trek, wat 'n wen-wen situasie vir beide die klubs asook die Arende sal wees. Die Arende hoef ook nie aanspraak te maak op die hekinkomst­e nie en 'n 80/20 verdeling met die klubs wat die grootste gedeelte sal kry, behoort dit byval te vind indien hulle bereid is om in sulke gesprekke met mekaar betrokke te raak.

Vir Moolman en sy afrigtings­pan kan so 'n ooreenkoms ook werk omdat hulle dan op sulke dae meer gereeld van die klubspeler­s in aksie sal sien om die diepte in die provinsie verder aan te vul en uit te bou.

Wanneer die nasionale kompetisie vir die provinsial­e spanne afskop sal 'n maksimum van agt tuiswedstr­yde vir die Arende op Outeniqua Park wees. Dit behoort dus glad nie te moeilik te wees om klub- en provinsial­e wedstryde te kombineer sodat dit op dieselfde dag beslis word en dit tot voordeel van almal sal wees.

Die wil moet egter daar wees om so 'n model bymekaar te trek en dit is dikwels waar goeie planne baie keer skipbreuk ly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa