Mossel Bay Advertiser

Stilbaaier­s wen net-net die Hennie Huysertrof­ee

- Marius Loubser

Om op Stilbaai se gholbaan te gaan kompeteer met Stibaaiers en te dink jy gaan bo uitkom, moet jy regtig jou beste gholfvoetj­ie voorsit, want die spelers ken hul baan en die meeste van hulle speel driekeer 'n week. Twee Riversdall­ers het hard probeer toe die Suid-Kaap Sages op Maandag, 13 November, in groot getalle daar opgedaag het om te kyk wie met die Hennie Huysertrof­ee kan wegstap, maar hulle kon dit net-net nie maak nie.

'n Vroegoggen­dreëntjie het tweekeer probeer om die 60 spelers se dag te versuur, maar almal weet 'n gholfspele­r laat min dinge toe om hom/haar van gholf af weg te hou. Teen die tyd dat 'n sterk Suidooster begin waai het, was die spelers al terug in die klubhuis en kon die nuwe houers van die Hennie Huysertrof­ee gekroon word. Baie geluk aan Dave Gravett en Hennie Bosman met jul uitstekend­e vertoning.

Uitslae

In die 4BBB-Stableford­kompetisie het die volgende pare die beste vertoon:

1. Dave Gravett en Hennie Bosman (Stilbaai) 48

2. Grove Koch en Josef Botes (Riversdal) 47

3. Avril Kruger en Fredi Linder (S) 47

4. Wessel de Bruyn en Arina van den Vyver (S) 46

5. Branco Celica en Alwyn Vorster (S) 46

6. Lawrence Baltrop (S) en Marius Dunn (Outeniekwa) 44

7. Rodney Page en Bruce Waldek (S) 43

8. Thys en Mart Cronje (S) 43

9. Bennie Geldenhuys en Leon Neveling (Mosselbaai) 43

10. Ernest Roux en Johan Kemp (Boggomsbaa­i) 42

Naaste aan die penne is gewen deur Lawrence Baltrop (S) op 2/11 en Fred Bull (M) op 8/17. Spogtwees is aangeteken deur Johan Kemp (B), Branco Celica (S), Fred Bull (M), Colin King (S), Lawrence Baltrop (S) en Tony Turbiglio (S).

Die Suid-Kaap Sages verwelkom twee nuwe lede in hul geledere, naamlik Colin King en Tony Turbiglio, beide van Stilbaai. Baie sterkte ook aan Bennie Pieterse van Mosselbaai in sy stryd met die Groot K en aan Faffa Marais van Riversdal, wat onlangs vir die negende keer aan sy knie moes laat opereer.

Baie dankie aan die Stilbaai Gholfklub vir hul hartlike ontvangs en die gebruik van hul baan. Dankie ook aan JC Slagtery van Riversdal vir die worspryse vir die naaste aan die penne en aan Johan Kemp van Trellidor vir die wynpryse wat hy geborg het.

Die laaste byeenkoms van die Suid-Kaap Sages vir 2023 is die IPS-kompetisie op 4 Desember op Riversdal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa