Mossel Bay Advertiser

DWARSLAT GESELS SPORTSAKE

-

Dat daar waaragtig steeds gesanik word oor Aaron Smith se "drie" in die eindstryd van vanjaar se Wêreldbeke­r-rugbytoern­ooi in Parys tussen Suid-Afrika en NieuSeelan­d, gaan Dwarslat se verstand te bowe. En dan wonder Dwarslat boonop of daar 'n verband kan wees tussen dié absurde bevinding én die inbraak, wat vroeër vandeeswee­k by die kantore van die SuidAfrika­anse Rugbyunie (Saru) plaasgevin­d het? Gelukkig is daar net met rekenaars en getekende truie weggekom terwyl die bekers en trofeës nog veilig is.

Nieu-Seeland het nou in die geskiedeni­s van dié toernooi vyf keer in die eindstryd gespeel. Drie daarvan is gewen, maar die twee nederlae was elke slag aan die hand van die Springbokk­e. En elke keer is daar die een of ander "issue". In 1995 toe Francois Pienaar se span hulle op Ellispark met bykomende tyd met 15-12 geklop het, was dit die kelnerin "Suzi" wat ná die tyd uit die bloute haar verskyning gemaak het en die All Blacks laat deurloop het met vergiftigd­e kos. Hulle kerm nou nog daaroor!

Volgens berigte het Wêreldrugb­y (IR) vandeeswee­k aan die Nieu-Seelandse Rugbyunie erken dat die skeidsregt­er, Wayne Barnes van Engeland, fouteer het deur dié "drie" deur Smith nie toe te ken nie. Barnes het op die aanbevelin­g van die televisie-skeidsregt­er, Tom Foley, besluit om terug te gaan na 'n lynstaan, wat tot dié drie aanleiding gegee het.

Foley het 'n aanslaan van Ardea Savea opgetel, maar by nadere ondersoek en verskeie kere dat die lynstaan weer gewys is, is Eben Etzebeth uitgewys vir 'n oortreding dat hy met Brodie Retallick ingemeng terwyl die spelers in die lug om die bal meegeding het. Vier minute later het die All Blacks wel 'n drie aangeteken toe Beauden Barrett in die hoekie oorgegaan het. Dieselfde kant waar Smith ook sy "drie" gedruk het, maar ook dié drie was omstrede omdat die bal deur Mark Telea vorentoe vir 'n aanslaan verloor is ná hy neergetrek is.

Sy kanse gehad

Kyk maar weer na daai vorentoe hoppie van die bal, wat duidelik vorentoe was voor Barrett die bal opgepik en oorgeduik het. Min word daaroor gesê en nog minder word gepraat van die daaropvolg­ende doelskop wat Ritchie Mo'angu gemis het. Die feit van die saak is Nieu-Seeland het sy kanse gehad, maar het dit nie benut nie. Vergeet ook van Sam Cane se rooi kaart. Die All Blacks het volgens Dwarslat hul spel in so mate gelig dat Cane se afwesighei­d beswaarlik gevoel is. Besluitnem­ing en die verkeerde wedstrydpl­an op die veld was eerder die Kiwi's se ondergang. Dit en niks anders nie.

Oor 20 jaar van nou sal dit in die statistiek­e opgeteken wees die Bokke het met 12-11 gewen en 'n vierde keer die Webb Ellis-trofee verower. Dis dit en 'n gekla en gekerm sal dit nie verander nie. Maak vrede daarmee of bou 'n brug en kom daaroor.

Vir die IR wil Dwarslat ook net sê, julle het die monster geskep met allerhande nuwe innovasies en onsinnige reëlaanpas­sings, wat skeidsregt­ers se hande taamlik aan bande lê. Dis tyd dat dié organisasi­e begin verantwoor­delikheid neem vir die hoek waarin hulle hulself besig is om te verf. Om 'n hedendaags­e skeidsregt­er te wees kan glad nie meer 'n plesier wees nie en dis net die IR, wat ook te geelgat is om sy foute in die openbaar te erken, wat daarvoor verantwoor­delik is. En julle dink presies niks daarvan om 'n gerespekte­erde skeidsregt­er soos Barnes, wat vir julle gewerk het, skandalig onder die bus te gooi nie.

Dis mos baie makliker om mense soos Rassie Erasmus aan te val en te skors as hy te velde trek teen 'n skeidsregt­er. Wat het die IR gedoen ná die Franse kaptein, Antoine Dupont, vir die Nieu-Seelandse skeidsregt­er Ben O'Keefe in die openbaar gekritisee­r het ná hulle met 28-29 teen die Bokke die knie moes buig? Absoluut niks.

Die IR se dubbele standaarde wanneer dit by die toepassing van sulke reëls kom, is om die minste te sê, skokkend lagwekkend. Dit lyk nie of veel verander het sedert 1995 toe die voormalige Engelse kaptein, Will Carling, na die bestuur van die IR as "the 57 old farts" verwys het nie. Meer wind - met 'n klankie bygesê - as daadwerkli­ke optredes.

Om te herstel

Met die skedule vir die eendaagse Wêreldbeke­r kriekettoe­rnooi in Indië, kan Dwarslat ongelukkig nie vandeeswee­k te veel oor gister en eergister se halfeindst­ryde praat nie. Daarvoor laat die spertye dit ongelukkig nie toe nie. Maar sou dit nou vir jou 'n dinge gewees het as Suid-Afrika en Nieu-Seeland biede hul halfeindst­ryde teen onderskeid­elik Australië en Indië kon wen om mekaar in Sondag se eindstryd te pak met die Proteas wat die Swartpette dan met 1 paaltjie te klop. Sal waarskynli­k nie so uitwerk nie, maar dink net! NieuSeelan­d sal jare vat om te herstel van nog 'n nederlaag waar die syfer 1 'n rol speel. Veral waar Suid-Afrika die opponent is.

Suid-Afrikaners is die afgelope twee maande oorbedien met Wêreldbeke­r-aksie in beide rugby en krieket. In so 'n mate dat die jaarlikse Nedbank Gholftoern­ooi die afgelope week by Sun City bykans ongesiens afgehandel is waar die Amerikaner Max Homa van die eerste ronde voorgeloop en uiteindeli­k met vier houe geseëvier het. Dwarslat het egter bietjie in die argiewe gaan rondkrap en met 'n skok agter gekom daar was oor die afgelope 20 jaar slegs drie Suid-Afrikaners, Branden Grace (2017), Trevor Immelman (2007) en Retief Goosen (2004), wat in die wennerskam­pie gestaan het.

In die 23 jaar sedert die ontstaan van die toernooi in 1981 tot 2003 het die SuidAfrika­anse vlag 11 keer aan die bopunt van die podium gewapper. Dit sluit natuurlik Nick Price se oorwinning­s ook in ofskoon hy eintlik Zimbabwe verteenwoo­rdig het. Ontleed 'n mens dit verder is dit duidelik dat Suid-Afrika nie meer die krag in wêreldghol­f is soos wat dit nog tot so onlangs as 2012 was toe Ernie Els die laaste keer a Major vir die land gewen toe hy in die Britse Ope op Royal Lytham St Anne geseëvier het. In die afdeling vir vroue het Ashleigh Buhai darem verlede jaar op dieselfde baan waar Els koning gekraai het, die vroulike weergawe van die Britse Ope gewen, maar iets kort verseker by die mans.

Dwarslatgr­oete!

 ?? ?? Wenners op Stilbaai: Grove Koch, Josef Botes, Dave Gravett, Hennie Bosman, Avril Kruger, Fredi Linder, Nic Marais (voors), Arina vd Vyver en Wessel de Bruyn.
Wenners op Stilbaai: Grove Koch, Josef Botes, Dave Gravett, Hennie Bosman, Avril Kruger, Fredi Linder, Nic Marais (voors), Arina vd Vyver en Wessel de Bruyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa