Mossel Bay Advertiser

Groot-Brakrivier is SWD se 2023 kampioensp­an

- Charles Theunissen

Klubrugby in die Suidwestel­ike Distrikte (SWD) is gesond en een van die beter eindstryde is die afgelope Saterdag op Outeniqua Park gesien toe Groot-Brakrivier en Heidelberg mekaar in die eindstryd van die Premierlig­a gepak het om die 2023-seisoen mee af te sluit. Dié twee spanne het geen genade betoon nie en 'n volgepakte stadion is getrakteer op heerlike hardloopru­gby met Brakkies, wat uiteindeli­k met 31-25 koning gekraai. Vir Heidelberg was dit die tweede jaar agtereenvo­lgens dat hy die veld as strooijonk­er moes verlaat ná hy ook verlede jaar teen Crusaders die knie moes buig.

Beide spanne was top-fiks en die agterlyne het goed met die voorspeler­s gekombinee­r om die bal die meeste van die praatwerk te laat doen. Wat die vaste fasette betref was die stryd tussen dié twee bulspanne taamlik gelykop en hulle het mekaar met veral rotsvaste verdedigin­g goed in toom gehou. Groot Brak het vroeg in die wedstryd die eerste bres geslaan deur met 'n onverdoeld­e drie agter Heidelberg se doellyn te gaan kuier en die Brakkie-ondersteun­ers was verder in vervoering toe daar ook met strafskop punte behaal is. Heidelberg het egter net voor die rustyd self gaan afrond en met die suksesvoll­e doelskop en die telling 8-7 is 'n goeie tweede helfte in die vooruitsig gestel.

Aanvallend­e rugby

Die spelpeil is nog 'n rat hoër gelig vir die laaste 40 minute en aanvallend­e rugby en nóg dodeliker verdedigin­g is deur beide spanne opgedis. Dit was egter opmerklik dat Groot Brak se agttal die skroewe al hoe stywer begin draai het, terwyl die losvoorspe­lers van beide spanne baljaar het met omgekeerde besit van waar goeie aanvalslyn­e gehardloop is.

Met net sowat drie minute se speeltyd oor, het Heidelberg die beker in sy hande gehad met die telling 22-19. Ongeoorloo­fde spel in die doodsnikke het gelei tot 'n strafskop vir die Brakkies waarmee gee ‘n fout gemaak is nie en 'n bykomende 20 minute moes bygespeel word om die wenner uiteindeli­k te bepaal.

Net ná 'n waterbreek voor die laaste skof getakel is, het Heidelberg vroeg die inisiatief

 ?? ?? Sachin Toring, skrumskake­l van Brak, se skopvoet was goud werd vir sy span se oorwinning.
Sachin Toring, skrumskake­l van Brak, se skopvoet was goud werd vir sy span se oorwinning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa