Mossel Bay Advertiser

Bubbles praat by agterdeur

- Louise Karsten

Inwoners van Danabaai moes twee keer luister toe 'n Macaw-papegaai by hulle agterdeur gepraat het.

Christina Thelander het kort nadat Bubbles op Sondag, 19 November, van sy woning in E. Macrastraa­t vermis geraak het, op die Danabaai Nuusgroep op Facebook 'n foto van Bubbles geplaas waar hy op 'n man se skouers sit.

Bubbles het glo 'n paar woorde by die Thelanders se agterdeur gesê waarna hulle die deur oopgemaak het en Bubbles die huis ingevlieg het.

Intussen was sy eienaars Henk en Julia Fourie, rasend van bekommerni­s en het hulle ook op sosiale media foto's van Bubbles gedeel. Weens al die foto's van Bubbles wat die ronde gedoen het, kon hulle hom kort nadat hy vermis geraak het, terugkry.

Henk het die afgelope week aan die Mossel Bay Advertiser gesê hulle is baie verlig.

Hulle het Bubbles, wat 16-jaar oud is, 'n jaar gelede by sy grootmaakm­a, Lanie van Zyl, gekry.

"Hy het ons dadelik aanvaar en ek neem hom gereeld na my vrou se kwekery en dan spandeer hy die dag daar saam met ons."

Henk sê Bubbles het weggevlieg nadat hy op sy skouer gesit en hy uit sy voertuig geklim het om na sy voordeur te stap.

"Hy het oor 'n dubbelverd­ieping huis se dak gevlieg. Ek het dadelik in my voertuig geklim en in die rigting wat hy gevlieg het gery. Ek het seker 'n uur rondgery en my vrou en Lanie het saam na Bubbles gesoek."

Om ongeveer 19:10 is hulle ingelig dat Bubbles by die Thelanders se agterdeur gevind is nadat hulle 'iemand' hoor praat het. Nodeloos om te sê het hulle vir Bubbles met sy terugkoms bederf en hom mooi gevra om nie weer die pad te vat nie.

 ?? ?? Bubbles, ‘n papegaai van Danabaai is veilig tuis nadat hy weggevlieg het.
Bubbles, ‘n papegaai van Danabaai is veilig tuis nadat hy weggevlieg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa