Mossel Bay Advertiser

Herstelwer­k reeds begin by strande

- Jannie du Plessis

Reuse branders deur die springgety het verlede Woensdagmi­ddag, 15 November, veroorsaak dat die toegangstr­appe na die strandgebi­ed en bosse teen die sandwalle by Diasstrand, losgespoel en dit behoorlik soos 'n rommelhoop laat lyk het.

Na die vorige vlaag skade wat in September op die strande aangerig is, is hierdie weer eens ‘n groot kopseer met die feestyd net om die draai. Volgens ‘n ingeligte bron het die gemeenskap hulself glo ook kom help met van die hout en selfs stukke staal van die skeepswrak­ke, die Rosebud of die King Cenric, wat na die storm, óf oop- óf losgespoel het.

Die Mosselbaai-munisipali­teit en sy gekontrakt­eerde spanne het op Donderdag, 16 November, 'n omvattende strandskoo­nmaak-proses begin by Twee Kuilen, Diasstrand, De Bakke en Santos Strand om rommel te verwyder. Die rommel, wat na die onlangse vloede vanuit hoërliggen­de areas na die kusgebiede gespoel is, het op die strande opgehoop nadat sterk wind en golfaksie dit vanuit die see teruggedwi­ng het. Spanne het die rommel, insluitend boomstompe, takke en stokke, na hopies verskuif waarvan sommige verwyder sal word, terwyl die res nader aan die duine sal bly om erosie te bestry.

Die munisipali­teit het in ‘n verdere verklaring oor die herstelwer­k die volgende met die Mossel Bay Advertiser gedeel.

"Die munisipali­teit het ingenieurs­verslae bekom waarvan die laaste eers einde Oktober ontvang is. ‘n Versekerin­gseis is ingestel en soos dit met enige eis van bepaalde bedrae gaan, is assessore se insae nodig voor daar voortgegaa­n kan word. Die besoek van die assessor het eers op Dinsdag, 14 November, plaasgevin­d 'n dag voor die volgende skade aangerig is.

"In die meeste gevalle is openbare toegang tot strande beskadig wat houttrappe en kuswandelp­aadjies insluit.

"Ter wille van publieke veiligheid het die munisipali­teit sekere openbare toegangspu­nte afgesper en geaffektee­rde strande deurlopend gemonitor aangesien gevalle van hoë-golfaksie met tussenpose­s gedurende die afgelope tyd voorgekom het.

"Die Mosselbaai-munisipali­teit het onmiddelli­k na die stormsee-toestande op 16 September verskeie strukturel­e ingenieurs-konsultant­e aangestel om die skade se omvang te bepaal. 'n Volledige verslag moes saamgestel word voor daar met enige herstelwer­k begin kon word. Die laaste verslae is aan die einde van Oktober 2023 ontvang, waarna assessore Mosselbaai verlede week op Dinsdag, 14 November, besoek het om die werkswyse vorentoe te bespreek.

"Dit kan bevestig word dat goedkeurin­g verleen is om van Maandag, 20 November 2023, met die dringende en noodsaakli­ke herstelwer­k te begin. Die fokus van die werk wat verrig sal word, is veral gemik op strandtoeg­ang om te verseker die strande is toeganklik vir die algemene publiek.

"Met die vakansie seisoen op hande, sal voorkeur gegee word aan die mees gewilde strande waar die skade die ergste was en deur die publiek besoek word.

Die strande ter sprake sluit in

Diaz, Danabaai (1ste en 2de strand), Boggomsbaa­i, Groot-Brak Eiland, Bayview, Kusweg (Tergniet), Glentana en ook Outeniqua Strand,

"Opvolgwerk by ander strande sal geprioriti­seer word om die werk so vinnig as moontlik af te handel.

"Lede van die publiek word ingelig om bedag te wees aangesien kontrakteu­rs vandeeswee­k reeds ontplooi is om met die herstelwer­k te begin. Op Woensdag, 22 November, was kontrakteu­rs reeds besig om die toegangsro­etes by Diasstrand te herstel. As alles volgens plan verloop sal die werk met die aanvang van die feesseisoe­n voltooi wees.

"Die publiek word versoek om verdraagsa­am te wees en enige afgesperde areas te vermy. Waar toegang tot sekere areas nog nie oopgestel is nie, moet die publiek eerder van alternatie­we en tydelike roetes gebruik maak tot die herstelwer­k voltooi is."

 ?? ?? Ingenieurs en kontrakteu­rs saam met personeel van die Mosselbaai-munisipali­teit op Diasstrand waar die herstelwer­k aan strandtoeg­ange vandeeswee­k begin het.
Ingenieurs en kontrakteu­rs saam met personeel van die Mosselbaai-munisipali­teit op Diasstrand waar die herstelwer­k aan strandtoeg­ange vandeeswee­k begin het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa