Mossel Bay Advertiser

Suidooster se Maurice kuier in Mosselbaai

-

Die Volkskerk van Afrika Mosselbaai-gemeente het op

18 Novemeber 'n spogtee as fondsinsam­eling gehou By dié geleenthei­d was daar meer as

280 mense teenwoordi­g.

Die gasspreker by dié geleenthei­d was Maurice Paige, immergewil­de akteur in die Afrikaanse sepie Suidooster, wat elke week van Maandag tot Vrydag net voor die nuus om 19:00 op kykNET uitgesaai word. Paige wat ook 'n liggaamsbo­uer en oud-rugbyspele­r is, het ook bekendheid verwerf in Gog' Helen (2012) en Barakat (2020). Die Spreeus en Pop, Lock 'n Roll en Suidooster het alles bygedra om van Maurice 'n huishoudel­ike naam te maak.

Die Ridgeview-skoolsaal was kleurvol verfraai met 27 tafels met koeke en natuurlik sout-en-soet-versnaperi­ngs. Maurice het by dié geleenthei­d sy wedervarin­ge gedeel waar hy as kind op Heidelberg groot geword het. Sy ouma was 'n sterk vrou in die gemeenskap met hoë Christelik­e en morele waardes, wat sy aan hulle as kinders oorgedra het.

Maurice se grootword jare was nie maklik nie en daarom wil hy veral jongmense inspireer en aanmoedig om die beste van hul lewens te maak ondanks moeilike omstandigh­ede. Hy het ook 'n beroep op almal gedoen om die komende 16 dae veldtog van aktivisme teen vroue- en kindergewe­ld te gebruik om dit om te draai en dit te gebruik om dit vir 365 dae te doen. "Elke dag".

Eie program

Ter afsluiting het hy nuus gedeel dat 'n

nuwe avontuur sy loopbaan te beurt geval het. Een van sy drome was altyd om as 'n regisseur sy eie program te kan behartig. Hy het die geleenthei­d gekry om dié droom waar te maak en Die Kelners sal binnekort op e.tv gebeeldsen­d word.

Dié spesiale dag is afgesluit met ‘n fotosessie waar Maurice nie geskroom het om vir meer 300 foto's saam ondersteun­ers afgeneem te word nie. Sy nederighei­d en geduld was uitstaande.

"Ons as die Volkskerk van Afrika wil Maurice weer eens hartlik bedank dat hy sy weg oop gesien het om deel te wees van ons fondsinsam­elings funksie. Ons wens hom alle heil en seën toe met sy loopbaan. Die gemeente Volkskerk van Afrika wil ook elke persoon bedank wat dié besondere dag so suksesvol gemaak het," het ds Neil Smit van die Mosselbaai gemeente gesê.

 ?? ?? Marie de Klerk (links) en Venolia Fortuin kon nie ‘n foto geleenthei­d mis met Maurice Paige, TV-ster van Suidooster, wat verlede naweek op Mosselbaai kom kuier het.
REGS: Maurice Paige saam met ds Neil Smit van die Volkskerk van Afrika Mosselbaai-gemeente.
Marie de Klerk (links) en Venolia Fortuin kon nie ‘n foto geleenthei­d mis met Maurice Paige, TV-ster van Suidooster, wat verlede naweek op Mosselbaai kom kuier het. REGS: Maurice Paige saam met ds Neil Smit van die Volkskerk van Afrika Mosselbaai-gemeente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa