Mossel Bay Advertiser

MossJazz weer vol gepak

- Jannie du Plessis

Die jaarlikse MossJazz-fees, wat by Santosstra­nd oor die afgelope naweek vanaf 23 tot 26 November aangebied is, het weer 'n groot aantal jazz-entoesiast­e na Mosselbaai gelok.

Die Santoskara­vaanpark het uit sy nate gebars met feesganger­s wat met tente, karavane, en kampeerwae­ns die geleenthei­d nie kon misloop nie. Met pragtige weer die hele naweek was Santos strand se grasperk en sandstrand vol gepak.

Vryskutwer­ker van die Mossel Bay Advertiser, Dexter Brinkhuis, het by die geleenthei­d met een van die stigter-direkteure van Camissa Solutions, Clarence Ford, gesels.

"Camissa is 'n oorspronkl­ike naam wat ons voorvaders vir Kaapstad gegee het. Die Koi-woord beteken 'plek van soetwater'. Musiek, kuns, kultuur, en die natuur gee waarde aan ons mense. Die vertonings is altyd naby 'n waterbron soos die see, riviere of damme," sê Ford. "Ons aktivisme handel oor 'n inklusiewe geskiedeni­s in 'n land waar 'n gedeelte van ons geskiedeni­s nie aangeteken is nie."

Die uitvoerend­e hoof, Lovetta Bolters, is 'n BCom in besigheids­wetenskap-graduaat met uitgebreid­e ervaring van meer as 30 jaar in beide die openbare en private sektore.

Ford (uitvoerend­e vervaardig­er) is 'n radioaanbi­eder en entreprene­ur met meer as 20 jaar ondervindi­ng in dié bedryf. Camissa Solutions voorsien deur 'n netwerk van profession­ele mense, diverse bemarkings-, media-, geleenthei­ds-, strategies­e, en kommunikas­ieoplossin­gs op 'n sleutelkla­re

basis. Met 'n paar vertonings regoor die land, is die Plettenber­gbaai-vertoning na Mosselbaai verskuif waar die munisipali­teit bewus is van die impak wat geleenthed­e op 'n dorps-ekonomie kan hê.

"Die keuse van Santos strand pas goed by die kultuur en aktivisme van ons mense," sê Ford. "Verwag meer in die toekoms en veral in 2024, veral vanaf Kuba en Brasilië." Ford sê dat meer internasio­nale name op die program sal verskyn."

 ?? Foto’s: Dexter Brinkhuis ?? Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Vir die afgelope vier dae van die MossJaz-fees was Santostran­d vol gepak met jazz-entoesiast­e. Met lekker sonskynwee­r was die water ‘n lekker lafenis so tussen die musiek deur. LINKS: Clarence Ford, een van die stigter-direkteure van Camissa Solutions wat die MossJazz-fees aanbied.
Foto’s: Dexter Brinkhuis Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Vir die afgelope vier dae van die MossJaz-fees was Santostran­d vol gepak met jazz-entoesiast­e. Met lekker sonskynwee­r was die water ‘n lekker lafenis so tussen die musiek deur. LINKS: Clarence Ford, een van die stigter-direkteure van Camissa Solutions wat die MossJazz-fees aanbied.
 ?? ??
 ?? ?? Verskeie kunstenaar­s het tydens die vier dae die feesganger­s vermaak met musiek.
Verskeie kunstenaar­s het tydens die vier dae die feesganger­s vermaak met musiek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa