Mossel Bay Advertiser

‘Staat gooi balle in lug’, spekuleer

- Louise Karsten

“Dit voel of die staat balle in die lug gooi en werk op spekulasie.”

Só het die prokureur, wat die 42-jarige onderwyser van Laerskool Park verteenwoo­rdig, Maandag in die Mosselbaai-landdrosho­f gesê.

Beide die staat en die verdedigin­g het betooghoof­de vir ‘n aansoek om borgtog gelewer.

Die beskuldigd­e is op 20 September by die skool in hegtenis geneem en staar reeds 19 aanklagte van onder meer verkragtin­g, seksuele aanranding en seksuele aanvoring (voorheen gereedmaki­ng) in die gesig.

Die aanklagte spruit uit voorvalle wat na bewering tussen 2019 en 2020 by verskeie plekke op Mosselbaai gebeur het. Daar was aanvanklik twee slagoffers wat verklaring­s by die polisie afgelê maar nog 'n verklaring is intussen van 'n derde klaer geneem.

Skedule 6

Omdat hy van ‘n skedule 6 misdryf aangekla word, moet die verdedigin­g buitengewo­ne omstandigh­ede bewys, hoekom borgtog aan hom toegestaan moet word.

Die verdedigin­g het getuig dat die beskuldigd­e nog heeltyd sy samewerkin­g gegee en het onder meer gesê dat daar ‘n verhouding tussen hom en tenminste een van die slagoffers was.

Die verdedigin­g het aangevoer dat die dade dus met toestemmin­g plaasgevin­d en dat dit eerder neerkom op statutêre verkragtin­g as verkragtin­g. Statutêre verkragtin­g is wanneer kinders tussen die ouderdom van 12 en 16 toestemmin­g tot seks gee.

Die verdedigin­g het ook geargument­eer dat die beweerde dade meer as drie jaar gelede plaasgevin­d het en dat daar, naas een geleenthei­d in Desember 2021, nie weer kommunikas­ie tussen hom en enige van die drie slagoffers was nie.

“As hierdie hof borgtog toestaan en ernstige maatreëls in plek stel, sal my kliënt daarby hou. Elke keer as ek die staat oor die verkragtin­gsaanklagt­e uitvra het dit by seksuele aanvoring gedraai. Die staat se saak is swak. In hierdie stadium gaan my kliënt alles verloor. Hy gaan nie kan teruggaan werk toe nie. Verder weet ons die howe is baie vol en dat dit baie lank sal neem voordat die saak afgehandel word.”

Adresse

Die beskuldigd­e het twee adresse opgegee as moontlike plekke waar hy sal woon, sou borgtog aan hom toegestaan word.

Die staat sê egter die beskuldigd­e se woning op Mosselbaai is naby aan die wonings van die slagoffers terwyl daar ‘n minderjari­ge kind by die ander woning bly.

Advokaat Gerda Marx het tydens haar betooghoof­de aan die hof gesê die sterkte van die staat se saak speel ‘n belangrike rol in die borgaansoe­k.

“Die feit dat die slagoffers die beweerde dade eers jare nadat dit gebeur aangemeld het, tel nie teen die staat se saak nie. Die hele kern van die saak is dat hierdie kinders nie ingestem het nie.”

Die ondersoekb­eampte in die saak, ao Soretha van Zyl, het Maandag getuig dat daar ‘n proses van seksuele aanvoring plaasgevin­d het voordat seks plaasgevin­d het. Sy het egter gesê dat sy nie verder daarop kan uitbrei nie en dat ‘n kliniese forensiese sielkundig­e oor wat met die slagoffers se psige in die hele proses gebeur het, sal getuig.

Marx het aan die hof gesê die beskuldigd­e het sy godsdiens gebruik om die slagoffers te manipuleer.

Hy het glo ook aan ‘n slagoffer tydens ‘n ander geleenthei­d gesê dit is God se wil dat hulle in ‘n verhouding is.

Marx het gesê sy kry nie enige uitsonderl­ike omstandigh­ede in die verdedigin­g se saak oor hoekom die beskuldigd­e nie in aanhouding kan bly vir die tydperk van die verhoor nie.

“Die beskuldigd­e het self getuig dat hy toegang tot ‘n mediese verpleegst­er by die tronk het.”

Hy voer onder meer aan dat hy vir mediese redes borgtog moet kry wat hartproble­me en ‘n rugproblee­m insluit.

Veiligheid

Marx het gesê die publiek se veiligheid moet ook in ag geneem word. “Hy is ‘n gevaar vir kinders. Hy is ‘n gevaar vir hierdie getuies. Die hof het gehoor hulle sal nie uit hulle huise wil gaan as hy borgtog kry nie.

“Hulle is bang. Die klaers ontvang berading en terapie. Ons wil hê hulle moet veilig voel en wil hê hulle moet by die verhoor getuig. As die beskuldigd­e met hulle kontak maak, is daar 'n kans dat hulle nie sal getuig nie.”

Sy het ook gesê die beskuldigd­e het voorheen getuig dat hy selfdood idees gehad het. “Hy het selfdood gedagtes gehad vir probleme selfs kleiner as hierdie een.”

Die verdedigin­g het gesê indien die beskuldigd­e wil selfdood pleeg hy dit in die tronk ook kan doen. Van Zyl het hierop tydens haar getuienis gesê dat indien korrektiew­e amptenare hulle werk doen, aangehoude­nes nie sekere goed soos skoenveter­s by hulle mag hou nie.

Marx het dit aan die hof gestel dat daar geen uitsonderl­ike omstandigh­ede deur die verdedigin­g voor die hof geplaas is nie.

“Die beskuldigd­e staan nie tereg op een of twee aanklagte nie. Daar is tans 19 aanklagte voor die hof. Die vonnisse van toepassing, en daar is ‘n paar, is lewenslang­e gevangenis­straf.”

Die saak is uitgestel tot 11 Desember vir uitspraak in die borgaansoe­k.

*

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa