Mossel Bay Advertiser

Onderwyser hoor Maandag of borgaansoe­k sal slaag

- Louise Karsten

Die 43-jarige onderwyser van Laerskool Park, wat sedert 20 September in hegtenis is op meer as 19 aanklagte van onder meer verkragtin­g, seksuele aanranding en seksuele aanvoring (voorheen gereedmaki­ng) sal Maandag hoor of sy borgaansoe­k geslaag het.

Die verdagte se borgaansoe­k sloer reeds etlike weke in die Mosselbaai-landdrosho­f.

Beurtkrag en 'n oorvol hofrol, het bygedra tot die vertraging van sy borgaansoe­k.

Omdat hy van 'n skedule 6 misdryf aangekla word en die aanklagte teen hom baie ernstig is, moet die verdagte aan die hof buitengewo­ne omstandigh­ede bewys hoekom borgtog aan hom toegestaan moet word.

Die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 by verskeie plekke op Mosselbaai plaasgevin­d.

Die staat beweer dat die slagoffers leerders in die verdagte se graad 7-registerkl­as was.

Die verdagte voer aan dat hy tyd met sy gesin wil spandeer, 'n verskeiden­heid gesondheid­sprobleme het en sedert sy inhegtenis­name sy samewerkin­g gegee het en borgtog dus aan hom toegestaan moet word.

Selfdood-risiko

Advokaat Gerda Marx vir die staat staan egter sy borgaansoe­k teen omdat die staat aanvoer dat hy dalk met die slagoffers in kontak sal kom, sy woning naby hulle woning is en hy 'n selfdood-risiko is.

Uitspraak in die borgaansoe­k sal Maandagogg­end gelewer word. Indien borgtog geweier word, sal die verdagte in aanhouding in George bly vir die tydperk van sy verhoor.

Nadat die borguitspr­aak gelewer is sal die saak uitgestel word vir pleit.

Die verdagte kan dan of 'n skuld-enpleitoor­eenkoms met die staat aangaan. Indien hy skuldig pleit en nie die hof se tyd met 'n verhoor mors nie, sal die hof dit as versagtend­e omstandigh­ede in ag neem. 'n Pleitooree­nkoms word vinniger afgehandel. Indien die verdagte onskuldig pleit op sekere of al die aanklagte teen hom sal die saak op verhoor gaan. Dit kan etlike maande duur. Tydens 'n verhoor kry alle partye die geleenthei­d om te getuig en beide die staat en die verdedigin­g roep getuies om oor die meriete van die saak te getuig. Die staat het reeds tydens die borgaansoe­k aangevoer dat 'n kliniese forensiese sielkundig­e vir die staat sal getuig om aan die hof die aanvoringp­roses te verduideli­k. Die staat voer aan dat die seksdade nie met toestemmin­g gegee is nie juis omdat daar na bewering seksuele aanvoring (gereedmaki­ng) plaasgevin­d het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa