Mossel Bay Advertiser

Seun in Danabaai aangerand

- Louise Karsten

Die KwaNonqaba-polisie ondersoek 'n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat 'n 15-jarige seun van Danabaai verlede week in 'n straat aangerand is terwyl hy saam met sy meisie huistoe gestap het.

Die slagoffer is na die aanranding in E. Eximiastra­at, wat om ongeveer na 22:00 op Donderdaga­and, 7 Desember, gebeur het, met 'n gebreekte kakebeen en bloeding op die brein in die intensiewe sorgeenhei­d van die George Mediclinic opgeneem

Die pa van die seun sê die verdagte is glo ongeveer 19-jaar oud en sy seun ken hom nie.

Hulle weet ook nie wat die rede vir die aanranding was nie.

Volgens die pa het sy seun slegs gehoor hoe iemand agter hom aan hardloop waarna hy aangerand is. Sy meisie was toe reeds by haar huis. Hy het sy bewussyn verloor en toe hy later wakker word was hy gedisoriën­teerd. 'n Vakansiega­nger wat op hom afgekom het, het hom na die ongevalle eenheid van 'n hospitaal op Mosselbaai geneem waarna hy na die Mediclinic oorgeplaas is.

Die pa het op Facebook geskryf: "Is Danabaai regtig veilig. My kind stap saam met sy meisie huis toe, hy is 15 en na bewering nader 'n 19-jarige kind hom en slaan hom oor watter rede ook al in die hospitaal in met bloeding op die brein en 'n gebreekte kakebeen. Regtig? As enige iemand inligting het wie my kind geslaan het laat weet my asseblief."

Nog niemand is met die ter perse gaan in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie en die polisie is steeds besig om verklaring­s van getuies te neem.

Volgens die polisiewoo­rdvoerder, ao Kappie Kapp is die ondersoek in 'n gevorderde stadium. Enigeen met inligting kan die ondersoekb­eampte in die saak, ao Geoffrey Moos, kontak by 044 606 5631.

 ?? ?? Die slagoffer het bloeding op die brein opgedoen en ook ‘n gebreekte kakebeen gehad.
Die slagoffer het bloeding op die brein opgedoen en ook ‘n gebreekte kakebeen gehad.
 ?? ?? ‘n Kopwond is duidelik sigbaar.
‘n Kopwond is duidelik sigbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa