Mossel Bay Advertiser

Kenani-paartjie se pragtige troue

- Linda Sparg Foto's: Frieda Prinsloo, Maria Lubbe Ras en Gemini Model and Talent Agency

Henry Hans Pienaar (85) en Sonja Brenda Steyn (65) het op 1 Desember by die ACVV Kenani Diensentru­m vir senior burgers getrou.

Hulle is albei Kenani-inwoners en het mekaar daar ontmoet.

Sonja het beeldskoon gelyk in 'n vloeiende, langmou, ligte pienk rok met fyn silwer strepe. Haar elegante, hoëhaksand­ale het perfek by die rok gepas.

Sy het 'n klein, eenvoudig ruiker gehad en haar hare was met blomme versier. Sy het pêreloorbe­lle gedra en pêrels om haar nek.

Na die troue by Kenani het die paartjie 'n fotosessie op die strand gehad.

'n Kenani-woordvoerd­er het gesê: "Vriendskap­sbande word gesmee tussen mede inwoners hier by Kenani op ‘n daaglikse basis. Elke persoon het die behoefte aan liefde, eie identiteit, betekenis, omgee en aanvaardin­g. Psalm 16:5-6 lees: 'Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet. Ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.'

Vriendskap­sband

"Dit beskryf die mooi vriendskap­sband tussen Henry en Sonja, wat dieper ontwikkel het tydens hul samesyn en waardevoll­e gesprekke.

"ACVV Kenani het die troue vir hulle gereël en Sonja se huismaats waar sy woonagtig was, Huis 9, het vir hulle as geskenk ‘n aand bespreek by 'n hotel in Hartenbos.

"Hierdie familiekri­ng en vriende wens hul alle liefde en voorspoed toe op hierdie nuwe lewenspad wat hul saam gaan wandel in liefde en omgee."

Gemini Model and Talent Agency het foto's gratis vir die paartjie geneem en die agentskap se twee top modelle, Desiré Jooste en Emmie Taute Benn, het ook die paartjie ondersteun met die foto's en hulle gewys hoe om te poseer vir die foto's.

 ?? ?? Gemini Model and Talent Agency eienaar Frieda van der Walt, Desiré Jooste, Henry Pienaar, Sonja Steyn en Emmie Taute Benn.
Gemini Model and Talent Agency eienaar Frieda van der Walt, Desiré Jooste, Henry Pienaar, Sonja Steyn en Emmie Taute Benn.
 ?? ?? Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
 ?? ?? Sonja Steyn en Henry Pienaar op hulle troudag.
Sonja Steyn en Henry Pienaar op hulle troudag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa