Mossel Bay Advertiser

Omstrede Steve is al deur die meule, maar hy bly ‘n ‘entertaine­r’

- Colin Hoffmann

Op 59-jarige ouderdom is die omstrede Steve Hofmeyr al deur die meule, maar as daar een ding is wat soos 'n paal bo water staan, is dit dat hy 'n entertaine­r sonder weerga is. Waar Hofmeyr hom ook al bevind sal daar altyd twee kampe wees. Óf jy hou van hom óf jy hou nie van hom nie.

Dis hoe dit is, met Steve!

Hofmeyr moes veral die laaste paar jaar reeds verskeie struikelbl­okke oorkom weens sy polities-aweregse uitsprake en sy passievoll­e verdedigin­g van die Afrikaanse taal.

Die feit dat hy al in 'n fisieke onderonsie met 'n joernalis oor sy skoene was, 'n koppie tee in die gesig van 'n destydse Huisgenoot redaktrise gegooi het, het natuurlik nie baie gehelp om hom as 'n gunsteling onder die media te vestig nie. Groot borgskappe het hom ook al die rug gekeer. Juis oor sy soms impulsiewe reaksies soos om 'n dekodeerde­r aan die brand te steek, maar juis daarin lê Hofmeyr se briljanthe­id. Dis asof hy daarin gedy wanneer die blok begin warm raak terwyl sy geharde ondersteun­ers net meer toegewyd raak om hom as kunstenaar te ondersteun.

Stemmighei­d en waardering

Die afgelope Donderdaga­and het Hofmeyr by De Dekke op Groot-Brakrivier weer groot byval gevind toe hy sy nou reeds bekende "Tribute to Neil Diamond" opgevoer het. Opmerklik was die ligte glans van grysheid van haar van die gehoor, wat verklap het dis nie meer jou normale doefdoef hedendaags­e selfoondra­ende jeug, wat in die voorste gestoeltes gesit het nie. Daar was 'n stemmighei­d en waardering vir 'n kunstenaar, wat weet hoe om die emosie van sy gehoor vas te vang en op 'n nostalgies­e reis mee te sleur.

Die "gesprek" wat hy met twee buitelande­rs gevoer het om die storie van Diamond te vertel, was iets wat baie goed gechoreogr­afeer was ondanks die feit dat die beeld soms op die televisies­kerms agter hom weggeraak het. So verdiep was Hofmeyr in die "gesprek" dat hy dit nie eens agtergekom het nie. Dit was boonop interessan­t genoeg dat selfs geharde Diamond-ondersteun­ers nog meer van die oud-hoërskoolm­aat van Barbra Streisand te wete gekom het.

Behalwe vir Hofmeyr se eie passievoll­e vertolking­s van Diamond se grootste treffers, het sy "duet" van You don't bring me flowers (Vroeger bracht je bloemen) met die Belgiese modelmooie Dana Winner in Vlaams, natuurlik 'n ekstra dimensie aan dié vertoning gelewer.

Die oud-Springbok losvoorspe­ler en deesdae eienaar van De Dekke, Anton Leonard, sê dit was 'n ongeloofli­ke aand. "Het ons dit reggekry om Steve vir twee aande te kon laat optree, sou beide aande uitverkoop gewees het. Ons moes ekstra voorsienin­g en plek inruim om almal te akkommodee­r. Met sy optrede was die plek reeds twee weke voor die optrede uitbespree­k. Op die aand van sy optrede het ons 462 mense in die gehoor gehad met 'n verdere 300 wat op 'n waglys geplaas was. 'n Tweede vertoning sou ideaal gewees het," het hy gesê.

Dis hoe dit was, met Steve!

 ?? ?? Chanette Paul
Chanette Paul

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa