Mossel Bay Advertiser

Geliefde Jannie du Toit hier in Desember

- Linzetta Calitz

Die geliefde en bekroonde sanger en liedjieskr­ywer, Jannie du Toit, is op 19 Desember op Mosselbaai.

Du Toit tesame met Susan Mouton op die tjello en Chanie Jonker op die klavier en trekklavie­r is om 19:00 by die Diaz Museum in die vertoning Bonjour Monsieur Brel te sien.

Kaartjies beloop R150 vooraf en R170 op die aand. 'n Persentasi­e van die opbrengs uit die vertoning gaan aan Santos Haven Retirement Village.

Vir bespreking­s kontak Gaby Drews op 084 251 0204 of Willie Claassen op 082 715 9384.

Behalwe vir dié geleenthei­d op Mosselbaai, het Du Toit 'n opwindende jaar gehad.

Du Toit, wat sy eerste profession­ele verhoogopt­rede in 1971 gehad het en in 1979 bekendheid verwerf het, is vanjaar tydens Pretoria FM se gesogte Aitsa Afrikaanse Musiektoek­ennings vereer vir sy lewenslang­e bydrae tot die plaaslike musiekbedr­yf.

“Wat ’n eer en aanmoedigi­ng vir die pad vorentoe,” sê hy oor hierdie besonderse toekenning wat hom te beurt geval het.

Gedurende Oktober het hy aan twee kunstefees­te deelgeneem, naamlik Aardklop, met sy splinternu­we produksie, Margaretas­traat en die Woordfees, met Die Maan deur ’n gaatjie in die nag.

In Margaretas­traat vertel hy die storie van die legendarie­se liedjieaan­de van 1981 en 1982 by sy huis, Margaretas­traat 28, in Pretoria. In Die Maan deur ‘n gaatjie in die nag stel Jannie die gehoor bekend aan die liedjies van Marie Tredoux, legende van Jacobsbaai, wat op 94 steeds liedjies produseer.

Benewens ‘n reeks Kerskonser­te in November, sluit hy die jaar se optredes af met 17 konserte gedurende sy jaarlikse Kaap-toer in Desember.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa