Mossel Bay Advertiser

Desmond Share verdagte in hof

- Louise Karsten

'n Dertigjari­ge man, Shadreck Mhetu wat in verband met die moord op 'n sakeman van Hartenbos, Desmond Share (53) in Augustus in hegtenis geneem is, het die afgelope week in die Mosselbaai­landdrosho­f verskyn. Mhetu was van voorneme om vir borgtog aansoek te doen, maar omdat daar nie 'n tolk beskikbaar was nie, is die saak weer eens uitgestel tot 15 Januarie. Hy bly in aanhouding.

Share, 'n plaaslike sakeman, se liggaam is op Saterdag, 5 Augustus, tussen bosse naby Albertinia gevind, nadat hy vir dae lank vermis was. Sy bakkie is gesteel en is dié etlike dae ná sy moord op Ficksburg naby die grens van Lesotho gevind.

Die oorsaak van Share se dood is nog nie aan die media bekend gemaak nie, maar hy het ná wat verneem word veelvuldig­e beserings opgedoen.

Geld is ook uit sy bankrekeni­ng onttrek. Mhetu is kort ná die voorval in hegtenis geneem in Du Noon in Kaapstad.

Gemeenskap­slede het ook by die hof bymekaar gekom om te vra dat borgtog

geweier moet word.

Mhetu staar aanklagte van moord, ontvoering en kaping in die gesig.

Twee mans wat destyds naby die grens in Share se bakkie gevind is, is in hegtenis geneem, maar word nie met die moord verbind nie.

Nóg 'n lasbrief is op 12 Desember deur die Mosselbaai-landdrosho­f uitgereik vir die inhegtenis­name van Danzel Talent Alkulethi, ook bekend as Akwiriano, wat glo ook met die verdwyning van Share verbind word. Alkulethi is oorspronkl­ik van Zimbabwe.

Nóg twee verdagtes wat met die moord op Share verbind kan word, Shown Gondo (31) en sy broer, Akim Gondo (25), ook Zimbabwier­s, is steeds op vrye voet.

 ?? ?? Familie en vriende van Desmond Share het die afgelope week by die Mosselbaai-landdrosho­f bymekaar gekom toe ‘n verdagte in die moordsaak in die hof verskyn het.
Familie en vriende van Desmond Share het die afgelope week by die Mosselbaai-landdrosho­f bymekaar gekom toe ‘n verdagte in die moordsaak in die hof verskyn het.
 ?? ?? Desmond Share
Desmond Share

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa