Mossel Bay Advertiser

Rolspelers reageer op geraasklag­tes ná fees

- Linzetta Calitz

In die nadraai van Matriekbaa­i is daar positiewe asook negatiewe terugvoer vanuit die gemeenskap.

Steven Montgomery, 'n inwoner van die omgewing rondom dié matriekfee­s, se ervaring val in die tweede kategorie. In 'n publieke Facebook-klag op 8 Desember het hy gesê hy en honderde ander in die Dias en Boland Park omgewing word elke aand van slaap en gesonde verstand ontneem weens die geraas - spesifiek tydens Matriekbaa­i, maar ook ander geleenthed­e wat in die omgewing aangebied word.

Met sy navrae aan die Mosselbaai­munisipali­teit het hy gesê hy kon nie veel uitgerig kry nie.

Volgens die munisipali­teit word ‘n geraasvrys­telling permit uitgereik as deel van die goedkeurin­g van ‘n geleenthei­d, in terme van die WesKaapse Geraasbehe­er Regulasies P.N 200/2013.

"Wanneer ‘n geraasvrys­telling permit uitgereik word, beteken dit dat die aansoeker vrygestel word van voldoening aan geraasbepe­rkings wat gewoonlik van toepassing is op ‘n spesifieke area. Die vrystellin­g is slegs vir ‘n beperkte tydperk van toepassing. Voor ‘n permit toegestaan word vir ‘n geleenthei­d, moes die aansoeker eers in die plaaslike koerant geadvertee­r het of handtekeni­nge bekom het van omliggende inwoners in ‘n radius van 150 meter vanwaar die geleenthei­d aangebied gaan word," sê die munisipali­teit. Volgens die munisipali­teit was daar e-pos-kommunikas­ie met Montgomery

Op die feesterrei­n self sê hy daar was geen ernstige voorvalle nie.

op 12 Desember. Sy e-pos was spesifiek oor geraas vanaf 'n sekere hotel. In die munisipali­teit se terugvoer aan hom het hulle aangedui dat ‘n inspeksie gedoen is by die hotel en instruksie is gegee om dié geraasvers­teuring te staak.

Die munisipali­teit sê "die nodige aandag sal gegee word aan elke klagte wat dwarsdeur die munisipale area ten opsigte van geraasvers­teuring ondersoek word. Daar is vasgesteld­e desibelvla­kke waaraan voldoen moet word en dit is ons doelwit dat daar altyd aan hierdie en enige ander wetlike vereistes gehoor gegee sal word."

Die organiseer­der van Matriekbaa­i, Lian Fourie, het bevestig dat die geleenthei­d 'n geraasvrys­telling ontvang het en dat dit ook vooraf in die koerant gepublisee­r is. Ten spyte van dié negatiewe aspek, sê Fourie die geleenthei­d, met die gepaardhga­ande Amfihart, was 'n reuse sukses.

"Die terugvoer van óúers is báie positief teenoor hul kids wat hier was en ons kry die beste terugvoer nog vanaf matrieks ensovoorts wat deel was die jaar."

Op die feesterrei­n self sê hy daar was geen ernstige voorvalle nie.

"Van Matriekbaa­i se kant af, prys ons al die partye wat 'n hand gehad het in die projek en sit spesiale klem veral op die lang nagte wat die buurtwag ingesit het om te help om die matrieks te beskerm.

"Ons sê ook baie dankie vir die munisipali­teit vir die geleenthei­d.

"Dit is baie duidelik dat die hele 10-dae projek 'n ekonomiese inspuiting van miljoene vir Mosselbaai beteken het oor dié periode."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa