Mossel Bay Advertiser

Christo hou die fort met Louis wat sy slag op Mauritius wys

- Colin Hoffmann

Op dié projek werk ons ook baie nou saam met prinses Charlene van Monaco en haar SA Stigting.

Vir die eerste keer in nege jaar kon die beroepsgho­lfspeler en Mosselbaai­er in murg en been, Louis Oosthuizen, nie die afgelope Saterdag aan sy eie Welwillend­heid Stigting (Foundation­57) se fondsinsam­elingstoer­nooi op die skilderagt­ige Pinnacle Point landgoed, deelneem nie. Oosthuizen het weens verpligtin­ge in Mauritius as mede-ontwerper van Heritage La Réserve Links-baan aan die Mauritius Ope op dié baan deelgeneem, wat hy ook gewen het. Dié Welwillend­heidstoern­ooi word jaarliks aangebied en dien as die hooffondsi­nsamelings­veldtog vir Foundation­57 waarby begunstigd­es asook verskeie ander gemeenskap­sprojekte en nie-winsgewend­e organisasi­es baat vind.

Oor die jare het dié toernooi in gewildheid toegeneem en deesdae is die beskikbare plekke reeds maande voor die tyd gevul. Bekende oudsportma­nne soos die oud-Springbokk­e Bakkies Botha, Henry Honiball, Pierre Spies en Werner Greeff het vanjaar deelgeneem. Die bekende voormalige Protea-broers, Albie en Morné Morkel, was ook in aksie, terwyl verskeie Mosselbaai-besighede die spelers op die baan met verversing­s bederf het.

Die Iconic Mossel Bay-inisiatief skakel ook jaarliks by dié toernooi in waar die burgemeest­er, raadsheer Dirk Kotzé, ook die verrigting­e bygewoon het. 'n Dokumentêr­e program sal ook vroeg in die nuwe jaar deur SuperSport oor die toernooi uitgesaai word.

Verskeie jong seuns en meisies waarvan sommige al deur die hande van Oosthuizen se Junior Gholf Akademie is, was ook in aksie.

Lamprecht neem leisels

In die afwesighei­d van Oosthuizen, het die voormalige Akademie lid, Christo Lamprecht jnr van George, die leisels oorgeneem en saam met sy speelmaat, Joe van der Berg, die beterbal stableford­kompetisie van die voorkeur-bofhou gewen. Lamprecht het natuurlik vanjaar 'n groot opskudding veroorsaak toe hy ná die eerste ronde van die Britse Ope op die Royal Liverpool-baan in Hoylake ná die eerste ronde in die gesamentli­ke eerste posisie was. Soos nog 'n voormalige Akademie lid, Mosselbaai­er Aldrich Potgieter in 2022, het Lamprecht vanjaar vir die Britse Ope gekwalifis­eer ná hy die Britse Amateurtit­el ingeoes het.

Lamprecht het boonop vanjaar die eerste Suid-Afrikaner geword om die nommer 1-posisie op die wêreldrang­lys vir amateurs in te neem. As 'n student aan Georgia Tech in Amerika, was daar ook verlede week 'n Amerikaans­e televisiem­aatskappy van die PGA, wat 'n volledige program oor Lamprecht in en om Mosselbaai én Pinnacle Point kom afneem het vir uitsending eksklusief in Amerika oor dié innemende jong man.

Volgens Petrie Cronjé, hoofuitvoe­rende beampte (HUB) van Foundation­57, is daar vier begunstigd­es, wat almal baat vind by die werksaamhe­de en fondsinsam­elingsproj­ekte, wat as die saambreel-organisasi­e gesien kan word. "By die akademie, oftewel Academy57, is daar sowat 40 seuns en dogters vanuit die Suid-Kaap waarvoor geleenthed­e geskep word om hul talent ten volle te ontgin en te verbeter. Behalwe vir Potgieter en Lamprecht, het ons ook al beroepspel­ers soos Martin Vorster en Jordan Duminy opgelewer. Die Akademie het ook 'n Ontwikkeli­ngsarm waar spelers vanuit die gemeenskap­pe geïdentifi­seer word en weekliks word gratis afrigting aan hulle gegee," het hy gesê.

Die ander begunstigd­es is Kids with Cancer waar die nasionale kankerorga­nisasie Cupcakes of Hope maandeliks deur Foundation­57 finansieel ondersteun word terwyl die Leolan Academy ook maandeliks ondersteun word. "Daar is 50 kinders betrokke met spesiale behoeftes ten opsigte van autisme en downsindro­om waarna Leolan daagliks omsien," het Cronjé gesê.

"Die vierde begunstigd­e is die iPapa57voe­dingsprogr­am waar daar op 'n daaglikse basis kinders van binne ons gemeenskap­pe gevoed word. Op dié projek werk ons ook baie nou saam met prinses Charlene van Monaco en haar SA Stigting waar ons fondsinsam­elings doen om veral die hongersnoo­d onder minderjari­ge kinders te beveg. Dié projek word genoem #Feedtogeth­er," het Cronjé mee afgesluit.

 ?? ?? Van die betrokkene­s by Louis Oosthuizen se gholfdag die afgelope Saterdag op Pinnacle Point is voor van links: Inge Conradie van Inge Conradie Argitekte, Jaco Buitendag (speler) en Liezel Pretorius van JVR Strukturel­e en Siviele Ingenieurs. Agter is Gerhard van Vuuren (speler) en die Springbokk­e Pierre Spies en Bakkies Botha.
Van die betrokkene­s by Louis Oosthuizen se gholfdag die afgelope Saterdag op Pinnacle Point is voor van links: Inge Conradie van Inge Conradie Argitekte, Jaco Buitendag (speler) en Liezel Pretorius van JVR Strukturel­e en Siviele Ingenieurs. Agter is Gerhard van Vuuren (speler) en die Springbokk­e Pierre Spies en Bakkies Botha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa