Mossel Bay Advertiser

Masjiene afgeskakel ná seun breindood verklaar is

- Jannie du Plessis

‘n Graad 5-leerder van Laerskool Hartenbos is op Woensdag, 3 Januarie, oorlede nadat hy die vorige dag breindood verklaar is ná ‘n kort siekbed.

Trishan Maya (11), het op Sondag, 31 Desember, begin kla van hoof- en oorpyn.

Sy ouma Remona Maya het aan Mossel Bay Advertiser gesê dat Trishan se toestand op Nuwejaarsd­ag vererger het en dat hy al hoe meer begin kla het van 'n steekpyn in sy oor.

“Dit het so erg geraak dat hy later met die ambulans na Mosselbaai Provinsial­e

Hospitaal geneem is,” vertel sy.

"Hy het in daardie stadium nog self geloop en in die ambulans geklim."

By die hospitaal het Trishan naar geword en die dokter wat hom ondersoek het, het gesien sy nek is styf en dadelik 'n rugmurg biopsie gedoen.

Die dokter het aan Remona bevestig dat dit breinvlies­ontsteking is. Volgens sy ouma het die dokter gesê die infeksie in die oor het na die brein versprei.

Hy is daarna oorgeplaas na George Hospitaal waar hy in ‘n geïnduseer­de koma was, maar is Dinsdag namiddag, 2 Januarie, breindood verklaar. Trishan is van kleins deur sy ouma grootgemaa­k. Sy ma is op 'n jong ouderdom oorlede.

Volgens sy oom, André Maya, wat op Woensdag, 3 Januarie, met die Advertiser gepraat het, was hulle almal by die hospitaal en het hulle vir 'n pastoor gewag voor die masjiene, wat Trishan aan die lewe gehou het, teen ongeveer 15:45 die middag afgeskakel is.

Skoolhoof Werner van Huyssteen het op sosiale media gesê: “Ons dink met simpatie en liefde aan sy familie, spesifiek sy ouma Remona. Bid asseblief vir krag vir hulle in hierdie moeilike tyd. Trishan was ‘n kranige rugbyspele­r wat vir sy skool se o.11A-span losskakel gespeel het gedurende die 2023 seisoen."

Van Huyssteen het Trishan aan die Advertiser beskryf as ‘n netjiese seun met baie goeie maniere, groot liefde vir rugby en sou definitief in die toekoms uitgestyg het.

"Hy was ‘n baie talentvoll­e jong seun wat akademies ook bo-gemiddeld presteer het," vertel Van Huyssteen.

'n Gedenkdien­s is gister Donderdag, 11 Januarie, by die AGS kerk op Sonskynval­lei gehou en die begrafnisd­iens vind môre Saterdag, 13 Januarie, om 09:00 by die AGS kerk op Groot-Brakrivier plaas.

 ?? ?? Trishan Maya (11) op die speelveld waar hy sy liefde vir rugby uitgeleef het.
Trishan Maya (11) op die speelveld waar hy sy liefde vir rugby uitgeleef het.
 ?? ?? Wyle Trishan Maya (11).
Wyle Trishan Maya (11).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa