Mossel Bay Advertiser

Plaaslike vissermann­e red twee van verdrinkin­g

- Linzetta Calitz

"Ek sê vir jou, ons het 'n wonderwerk gesien, want daai kind het ons vir dood boontoe gedra."

Dit was die woorde van een van die vissermann­e, Eben Botha, wat gehelp het om Monisha Francis (18) en Shurwen Stoffels (20) te red ná hulle Saterdag amper in die see by De Vette Mossel verdrink het.

Francis (18), sterk tans in die hospitaal op Ladismith aan. Stoffels is tuis.

Ruan Dickenson, 'n ander visserman, vertel hy en sy twee seuntjies was die dag daar vir bietjie visvang, toevallig nie op hul gewone plek nie, maar 'n ent links van De Vette Mossel. Omstreeks 10:00 het sy seuntjies voor hom in die water gaan swem en 'n ander groep mense het ook afgekom om te swem.

Sowat 'n uur later het iemand na hom toe gehardloop en geskree hy moet help, daar verdrink twee mense. Dis toe dat hy 'n meisie diep in die water sien en 'n seun nader aan die kus.

"Ek het toe ingehardlo­op en soos daai strome my getrek het kon ek doodeenvou­dig net nie naby aan hulle kom nie," sê hy.

Terwyl Dickenson die water in is om te probeer help, het Botha en sy groep, wat nader aan die restaurant was, ook agtergekom iets is verkeerd en nader gehaas. Jacqu Gerber was by hom, asook drie jonger manne, Jacqu se seun Jarno en twee vriende JP Mouton en Kassie van der Westhuizen.

Die drie jong manne het gehelp om Stoffels uit die water te kry.

Gerber sê hy sien toe vir Dickenson in water, maar kon nie dadelik sien waarvoor kyk hy nie. "Toe sien ek die kind dryf binne die see, kop onder die water, en besef hier is groot probleme." Dis toe hy die water in is.

Dit was baie diep op plekke, maar Jacqu was gelukkig lank genoeg en kon by haar uitkom.

Dickenson sê in daardie oomblik was dit iets ongeloofli­k om te aanskou, "daar het 'n golf gekom wat glad nie gebreek het nie, dit het haar letterlik opgetel en teen Jacqu vasgestoot".

Met haar uiteindeli­k in Gerber se arms, kon hulle haar uitdra na die strand toe.

Onder mekaar het hulle reeds gedink dit is te laat, maar nietemin begin om KPR (kardiopulm­onale resussitas­ie) en mond-totmond asemhaling toe te pas, wat gehelp het om water uit te kry. Sy het egter in daardie

stadium geen polsslag gehad wat hulle kon optel nie. "Ons het besluit dis verby, ek het nog haar oë toegevryf," sê Botha.

Hulle het haar weg van die waterlyn en hoër op teen die strand gaan neersit. Hier sê hulle sy het 'n geluid gemaak, wat genoeg teken was dat hulle nie moes opgee nie.

Weer het die KPR en mond-tot-mond begin. Sy het eindelik begin asemhaal en hulle kon haar polsslag optel.

Nooddienst­e is intussen ontbied, en haar redders het by haar gewag tot hulle opgedaag het. Sy en Stoffels is van daar hospitaal toe in George en later oorgeplaas na Ladismith. ER24 het hulle vervoer.

'n Vriendin van Francis, Hilmory Adams, wat ook op die dag daar was sê sy is net bly hulle het dit oorleef. "Dis net 'n wonderwerk dat daai vissersman­ne tydens die insident kon help en daar was. Die was 'n groot wonderwerk, die Man van bo het dit moontlik gemaak."

Haar ouma, Johanna Mackenzie het ook elkeen bedank vir hul bydrae om haar kleindogte­r se lewe te red. Sy sê dit gaan goed met haar en dat sy darem eet en gesels.

 ?? ?? Monisha Francis in die hospitaal in George saam met ‘n vriendin van haar ma.
Monisha Francis in die hospitaal in George saam met ‘n vriendin van haar ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa