Mossel Bay Advertiser

SWD Arende lyk lus vir hardloop

- Colin Hoffmann

Die rugbyspan van die Phangela Suidwestel­ike Distrikte (SWD) se Arende, het die afgelope Saterdag op die skilderagt­ige Saasveld-veld met aanskoulik­e hardloopru­gby daarin geslaag om die Varsitybek­er-span van NMU met 55-12 te oorrompel ná die Arende met die rustyd met 19-12 voorgeloop het. Die ses drieë wat deur die wenspan ná lemoentyd in die tweede helfte gedruk is, het 'n hele paar langafstan­d-pogings ingesluit.

Die enigste negatief oor dié oefenwedst­ryd is dat die telling heelwat hoër kon gewees het. In 'n hele paar bewegings het oorywerigh­eid daartoe gelei dat van die Arende skoon onder hul spanmaats uitgehardl­oop het en dan was die ondersteun­ing nie altyd daar om bewegings verder te voer nie. Dit is egter iets waaraan gewerk kan word, maar dit was duidelik dat die agterspele­rs lus is vir hardloop. Van die nege drieë wat teen die studente gedruk is, is sewe deur die Arende se agterspele­rs in vyfpunters omskep.

Ná die lang rusperiode oor die afgelope feesseisoe­n was dit ook verblydend om te sien daar is verseker nie laat slaplê met die oefenprogr­amme, wat aan elkeen van die spelers gegee is voor hulle na hul families is nie. Die wedstryd teen die studente is in 'n hoë tempo beslis en dit was eerder die studente, wat soms gelyk het of hulle rede gesoek het om asem te skep.

Heeltemal tevrede

Zane Kirchner, nuwe afrigter van die Arende, was soos sy kaptein, Janneman Stander, heeltemal tevrede met die vertoning teen NMU. "Ons wou veral die jonger spelers kans gee om ook in wedstrydsi­tuasies betrokke te raak en ek is heel tevrede met wat ek gesien het. Daar is hier en daar dingetjies waaraan gewerk kan word, maar in die algemeen is ek heel tevrede," het Kirschner gesê.

Volgens Stander, wat eers in die tweede helfte sy verskyning gemaak het, het die jonger spelers goed deurgekom en dit was 'n plesier om hulle op volle vaart in aksie te sien. "Hulle het verseker die geleenthed­e aangegryp en dit was goed om hulle bietjie vrye teuels te gegee het," het hy gesê. Wat Stander egter nagelaat het om te sê is dat met sy toetrede tot dié wedstryd, was daar dadelik bietjie meer struktuur te bespeur. 'n Duidelike bewys dat sy teenwoordi­gheid en leiersrol 'n groot invloed op die jonger spelers het.

Kirchner se voorganger, Anton Moolman, het ook dié wedstryd slegs as 'n waarnemer bygewoon, maar was ook heel tevrede met die spelers se vertoning. "Ek is bly dat dinge goed afgeloop het. Ons het hard gewerk om al die stelsels in plek te kry en Zane kan nou met 'n geruste hart voortgaan om sy eie stempel af te druk met die verdere ontwikkeli­ng van die span," het Moolman gesê.

Moolman het gister reeds in sy nuwe pos in Stellenbos­ch die leisels opgeneem waar hy voortaan by die UXI-instituut met spelers in die ouderdomsg­roep 18 tot 21 sal werk waar daar nie net op rugby gefokus sal word nie, maar ook op die akademiese kant.

‘Hulle het verseker die geleenthed­e aangegryp en dit was goed om hulle bietjie vrye teuels te gegee het.’

Olifante op Plett

Die Arende se volgende wedstryd is op 24 Februarie wanneer die Oostelike Provinsie Olifante op Plettenber­gbaai ook in 'n vriendskap­like kragmeting die stryd aangesê word ter voorbereid­ing van die SA Beker-kompetisie, wat op 23 Maart op Outeniqua Park teen Pumas afskop.

Vir die Arende het Rosco Syster (2), Jandré Grobler (2), Jade Stoffels, Mpho Ntsane, Clive Kruger, Janneman Stander en Keano Hendricks drieë teen die studente gedruk. Josh Vermeulen het met drie doelskoppe geslaag terwyl Stoffels en Mario Weich ook elkeen een oorgeklits het.

 ?? ?? Ethan Stuurman, slot van die Arende, bemeester die bal in ‘n lynstaan.
Ethan Stuurman, slot van die Arende, bemeester die bal in ‘n lynstaan.
 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Stephan Leonard wat Saterdag voorgedraf het vir die Arende.
Foto’s: Eugene Gunning Stephan Leonard wat Saterdag voorgedraf het vir die Arende.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa