Mossel Bay Advertiser

Naweek was stiller, nou wag groot werk

- Rubriek skrywer: Colin Hoffmann

Met 1.2 miljoen nuwe kiesers, wat oor die afgelope twee registrasi­e-naweke op 18 en 19 November 2023 en 2 en 4 Februarie 2024 by sowat 23 000 registrasi­epunte dwarsoor die land geregistre­er het, staan Suid-Afrika se jongste lys stemgeregt­igdes nou op 27.4 miljoen. Die kieserregi­strasienaw­eke was egter net die kleedrepet­isie voor die belangriks­te algemene verkiesing in waarskynli­k Mei homself sal afspeel om die leisels te begin terugtrek om dié jong demokrasie van 30 jaar van algehele verval te red.

Sy Mamabolo, hoofkiesbe­ampte van die Onafhankli­ke Verkiesing­skommissie (OVK), was in die algemeen tevrede oor hoe die proses in sy geheel verloop het. Daar was min gevalle waar intimidasi­e plaasgevin­d het. Wat 'n positief is. Waar dit wel aangemeld is, is aandag daaraan gegee. Meer as 25% van die nuwe kiesers sorteer as jong mense en dié groepering kan 'n beduidende rol speel in die algehele uitslag in die komende verkiesing. Waar dié groepering met die vorige verkiesing in 2019 sowat 33% van die stemgeregt­igdes verteenwoo­rdig het, was dit teleurstel­lend dat net sowat 22% van hulle wel die moeite gedoen het om hul kruisies te gaan trek.

Lotsbepale­nd

As die toekomstig­e leiers van die land is dit uiters noodsaakli­k dat hulle tot die besef kom dat dié verkiesing lotsbepale­nd vir hulle eie toekoms sal wees. Die regte besluite moet nóú geneem word. Daar kan nie langer gewag word om Suid-Afrika vir 'n volgende termyn van vyf jaar geheel en al in die hande van die African National Congress (ANC) te los nie. Hulle is reeds geweeg en hopeloos te lig bevind.

Beduidend is dat die oorgrote meerderhei­d van die nuwe jonger stemme in die provinsies van KwaZulu-Natal en Gauteng voorgekom het. Juis twee van die provinsies waar die opposisie vanjaar groot en sterk houe kan slaan om die land op die pad na herstel te lei. Die ANC is in die munisipale verkiesing van 2021 in Gauteng vir die eerste keer onder 50% gedwing en dit wil voorkom of dié afwaartse neiging nog nie voltooi is nie. Met 6.4 miljoen kiesers in Gauteng én die ekonomiese hartland van Suid-Afrika, is dit bitter belangrik dat die 82 168 nuwe jong kiesers die regte besluite neem

In KZN het die voormalige oudpreside­nt en tronkvoël, Jacob Zuma, egter as 'n onwaarskyn­like bondgenoot vir die opposisie na vore getree met sy openlike ondersteun­ing van die nuutgestig­de uMkonto weSizwe-party én sy daaropvolg­ende skorsing vanuit die ANC. Dat dié orkestreer­der van staatskapi­ng nog steeds die hoë aansien geniet soos die geval is in KZN, gaan steeds die verstand te bowe, maar dit kan hopenlik daartoe aanleiding gee dat die opposisie juis daarom daaruit kan munt slaan. Die populistie­se Julias Malema met sy rooi brigade van die Economic Freedom Fighters (EFF), moet egter nie heeltemal in KZN onderskat word nie. Hy het baie tyd die laaste klompie maande daar deurgebrin­g en dit was nie om dowe neute nie.

Een van die hoekstene

Met die totstandko­ming van die Veelparty Handves (VPH) waarin 11 partye reeds hul ondersteun­ing daaraan toegesê het, is die nie-deelname van minstens 10 miljoen geregistre­erde kiesers in 2019, reeds geïdentifi­seer as een van die hoekstene om die eerste groot slag te slaan gedurende vanjaar se verkiesing. In 'n gesamentli­ke verklaring deur die VPH het hulle gesê hulle is baie bedag daarop dat deelname aan plaalike verkiesing­s sedert 1994 afgeneem het.

"Een van die hoofredes daarvoor is dat mense moed opgegee het oor die gevolge, wat korrupsie byvoorbeel­d vir die land inhou. Terwyl werksgelee­nthede aanhoudend bly kwyn en infrastruk­tuur sigbaar ineenstort onder 'n monolities­e ANC, het kiesersdee­lname afgeneem. Die VPH bied nou vir die eerste keer in 30 jaar 'n pad na oorwinning en 'n veranderde Suid-Afrika.

"Lede van die Handves bly steeds onafhankli­ke partye, wat elkeen hulle eie veldtogte sal dryf. Daar is egter eenstemmig­heid onder al die partyleier­s dat dit uiters belangrik is om kiesers na die stembus terug te bring. Nuwes sowel as dié wat moed opgegee het. Daar is 'n alternatie­f en as ons 10- of 20% van hulle kan terugbring tafel toe, kan die hele politieke landskap verander," lui dele van dié verklaring.

Hoe dit ookal sy, die ANC wéét hoe om 'n verkiesing te veg. En dié masjien sal binnekort weer in werking skop en in intensitei­t toeneem namate daar nader aan die dag van die verkiesing beweeg word. Die regerende party se logistieke beplanning voor en tydens stemdag tesame met die uitdeel van onverwagse geskenkies, het hulle in die verlede baie gehelp om denke te swaai. Vanjaar sal geen uitsonderi­ng wees nie en dít moet almal in die opposisie-kampe mooi besef.

Die ANC kan dalk nie regeer nie, maar moet dié party glad nie onderskat wanneer daar gemobilise­er word nie.

As die toekomstig­e leiers van die land is dit uiters noodsaakli­k dat hulle tot die besef kom dat dié verkiesing lotsbepale­nd vir hulle eie toekoms sal wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa