Mossel Bay Advertiser

Bennie en Liam is weer aan die brand op die Pienaar-skietbaan

-

Bennie van den Heever het weer skitterend vertoon tydens die Neill Calitz Skietklub se eerste byeenkoms vir 2024, wat die afgelope Saterdag op die Pienaar-skietbaan plaasgevin­d het. Bennie is een van die klub se topskuts en skiet van 'n nullo-voorgee.

Hy wen vier van die vyf items en word net deur Suzette Herrer en Hannes Ingram in die metaal silhoeëtte-afdeling geklop. Suzette en Hannes, wat ook beide van 'n nullo-voorgee skiet, skiet beide al vyf hul silhoeëtte in die toegelate 20 sekondes plat met Bennie wat nog een staande gehad het. Die kompetisie waar daar na metaal silhoeëtte geskiet word, is altyd interessan­t en sorg vir lekker aksie.

Liam Brown sorg tydens elke kompetisie vir 'n verrassing met sy goeie vordering in die skietkuns. Hy het die afgelope Saterdag weer so gemaak deur in al vyf afdelings puik prestasies te lewer.

Uitslae .22 oor 10m:

1. Bennie van den Heever;

2. Calie Brown; 3. Suzette Herrer en Jan Venter; 5. Hannes Ingram; 6. Liam Brown en Ivan Maddison; 8. Gerrie Bester en Gert Nel; 10. Willie Germishuys en Donovan Day.

.22 oor 20m: 1. Bennie van den Heever; 2. Gerrie Bester; 3. Calie Brown; 4. Gert Nel;

5. Jan Venter; 6. Hannes Ingram; 7. Suzette Herrer en Donovan Day; 9. Liam Brown en Ivan Maddison; 11. Willie Germishuys. Snelvuur oor 20m: 1. Bennie van den Heever;

2. Gerrie Bester; 3. Jan Venter; 4. Calie Brown; 5. Liam Brown; 6. Suzette Herrer;

7. Hannes Ingram; 8. Willie Germishuys; 9.

Gert Nel; 10. Ivan Maddison.

Metaal silhoeëtte: 1. Suzette Herrer en Hannes Ingram; 3. Bennie van den Heever, Gerrie Bester en Donovan Day;

6. Jan Venter, Johanna Germishuys, Gert Nel, Calie Brown, Liam Brown en Willie Germishuys; 12. Ivan Maddison.

9mm oor 10m: 1. Bennie van den Heever;

2. Calie Brown; 3. Gerrie Bester en Willie Germishuys; 6. Johanna Germishuys; 7. Hannes Ingram; 8. Ivan Maddison; 9. Gert Nel; 10. Suzette Herrer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa