Mossel Bay Advertiser

Eienaar van verwaarloo­sde honde in hof

- Louise Karsten

‘n Sakeman van Mosselbaai, wat verskeie aanklagte ingevolge die Wet op Dierebeske­rming in die gesig staar, het gister verder in die Mosselbaai-landdrosho­f getuig.

Aanklagte teen die verdagte, Lionel Marais, sluit in die versuim om boerboele by die telery, Plaaswag Boerboele, die nodige kos te gee en veeartssor­g te voorsien.

Die Tuinroete-DBV het in Mei 2022 minstens 60 boerboele van die perseel naby Hartenbos verwyder.

Volgens die DBV het van die honde erge druksere gehad en kon baie van die honde nie gered word nie.

Marais het verlede Vrydag tydens sy eerste getuienis aan die hof gesê hy het meer as 30 jaar se ondervindi­ng in die konstruksi­ebedryf en dat hy Plaaswag Boerboele in Februarie 2020, kort voor Covid-19 uitgebreek het, by die vorige eienaar, Wynand van Huyssteen, teen ongeveer R650 000 oorgekoop het.

Hy het gesê die sakegeleen­theid was ten tyde van die aankoop geregistee­r by die SuidAfrika­anse Boerboel Telersvere­niging en dat hy die handelsmer­k, Plaaswag Boerboele, gekoop het.

Marais het aan die hof gesê hy was onder die indruk gebring dat dit bloot ‘n oordrag sou wees en dat hy slegs as lid en teler van die vereniging moes registreer waarna die handelsnaa­m aan hom

oorgedra sou word.

Hy het getuig dat dit toe nie so eenvoudig was soos wat hy gedink het nie en dat hy van sy kant af al sy papierwerk ingedien het, maar dat die proses vir maande aaneen gesloer het.

Dit was verskrikli­k om deur Covid-19 te gaan en meer as 50 honde kos te gee in ‘n tyd waar niks aan die gang was nie.

Covid-19

Marais het getuig dat Covid-19 het begin kort ná hy die telery oorgekoop het. Die pandemie en die gesloer met die papierwerk, kon geen honde verkoop word om ‘n inkomste te genereer nie.

Hy het aan die hof gesê hy het geen vorige kennis of ervaring van ‘n hondeteler­y gehad nie. ‘n Vrou, wat met die vorige eienaar bevriend was, het glo kennis van die versorging van babahonde gehad en sy het na die werpsels omgesien.

Marais het ‘n man, wat hy vir jare geken het en werkloos was, in diens geneem om na die groter honde op die teelplaas te kyk. Marais het nie op die telery gebly nie en slegs ná werk die perseel besoek.

Sy aanvanklik­e plan was om ‘n werpsel te verkoop, sodat die inkomste wat hy daaruit sou verdien kos vir die res van die boerboele kon aankoop todat meer honde verkoop kon word.

“Dit was verskrikli­k om deur Covid-19 te gaan en meer as 50 honde kos te gee in ‘n tyd waar niks aan die gang was nie.”

Hy het aan die hof gesê hy was al in uitdagende omstandigh­ede in sy lewe en dat hy gedink het dit is bloot iets waardeur hy

sou moes kom.

Die prentjie wat Marais aan die hof geskets het, is dat ‘n sameloop van omstandigh­ede soos Covid-19, die registrasi­e van die telery wat nie afgehandel kon word nie en probleme om werpsels te kry én te verkoop weens die inperking bygedra het tot die benarde situasie.

Die saak is uitgestel na Donderdag, 15 Februarie, en die verhoor duur voort.

Die saak was steeds in sitting ten tye van die ter perse gaan.

 ?? ?? Inspekteur Estelanie van Wyk en Christophe­r Koppies by een van die boerboele wat van die telery verwyder is.
Inspekteur Estelanie van Wyk en Christophe­r Koppies by een van die boerboele wat van die telery verwyder is.
 ?? ?? Die DBV het verskeie foto’s van die verwaarloo­sde honde geneem.
Die DBV het verskeie foto’s van die verwaarloo­sde honde geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa