Mossel Bay Advertiser

Nou gaan ons heel groen

-

Koos van Vuuren, Groot-Brakrivier:

Vir baie jare reeds is ek 'n gelukkige, en baie bevoorregt­e inwoner van ons pragtige dorp!

Ten einde my waardering daarvoor te toon, het ek die afgelope dae 78 (plus nog 'n klompie ekstra) spekbome aangeplant om op my laat ouderdom ook 'n klein bydrae te maak tot die redding van ons planeet.

Afgesien van bogenoemde rede, doen ek dit ook graag om ons plaaslike raad te ondersteun in hul klaarblykl­ike projek om nou voluit GROEN te gaan? Graag verwys ek hier na meegaande foto's van straatteke­ns, wat geheel in natuurlike plantegroe­i in groen getooi is.

Foto 1 vertoon 'n stop-teken (soek en jy sal vind). Foto 2 nog 'n waarskuwin­gsteken, wat behoorlik wegkruip, tot jy reg langs die teken kom - met in die agtergrond, 'n teken wat alles moontlik doen om nie ook in groen newels weg te kruip nie. Foto 3 vertoon 'n "boom" wat op die oog af lyk soos 'n paal. Ons wag in groot spanning vir die kitsaangep­lante boom om uit te loop, sodat ons kan sien watse pragtige boom ons straat in die toekoms gaan versier!

Genoemde foto's is geneem aan onderkant

van die gevaarlike draai in Voorbrugwe­g, Groot Brak.

Kommentaar van Mosselbaai-munisipali­teit: Die Mosselbaai-munisipali­teit se parkeafdel­ing is verantwoor­delik om sypaadjies oop gesnoei en begaanbaar vir die publiek te hou. Die huidige kapasiteit sluit nie die gereelde oopsnoei en skoon hou van padverkeer­stekens in nie. Die munisipali­teit reageer op versoeke om padtekens oop te sny soos dit ontvang word en koste-effektief binne die afdeling se werkskedul­e afgehandel kan word.

Lede van die publiek word aangemoedi­g om enige dienslewer­ingskwessi­es te rapporteer by 044 606 5000 of stuur ‘n e-pos, met foto’s of videos, na admin@ mosselbay.gov.za. E-posse wat hierheen gestuur word, ontvang ‘n ontvangser­kenning en ‘n verwysings­nommer word aan die skrywer gestuur wat gebruik kan word in die opvolg van aanmelding­s. Die publiek word ook herinner aan die gebruikers­vriendelik­e munisipale slimfoonto­epassing, Collab Citizen wat die aanmelding van dienslewer­ingskwessi­es bespoedig. Die Collab Citizen-toepassing kan afgelaai word by Apple App Store, Huawei AppGallery en Google Play Store.

 ?? ?? ‘n Waarskuwin­gsteken, wat behoorlik wegkruip, tot jy reg langs die teken kom - met in die agtergrond, ‘n teken wat alles moontlik doen om nie ook in groen getooi te word nie.
‘n Waarskuwin­gsteken, wat behoorlik wegkruip, tot jy reg langs die teken kom - met in die agtergrond, ‘n teken wat alles moontlik doen om nie ook in groen getooi te word nie.
 ?? ?? Soek die stopteken.
Soek die stopteken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa