Mossel Bay Advertiser

Wêreldreko­rdpoging kom nader

- Linzetta Calitz

Die tyd vir Pediatric Care Africa (PCA) se poging tot 'n wêreldreko­rdmotorfie­tsrit is om die draai.

Dié nie-winsgewend­e organisasi­e vra alle motorfiets­ryer in die omgewing om op Saterdag, 24 Februarie, hul bromponies op te saal en by dié geleenthei­d aan te sluit.

Die stigter van PCA, dr André Hattingh, het op Sondag, 11 Februarie uit Witrivier, Mpumalanga vertrek op sy vyfde 7 000km Ride for a Child-motorfiets­rit - die wêreldreko­rdpoging, onder die vaandel van Ride for a Child, sal hierby aansluit; 'n eerste vir dié ritte.

PCA is 'n organisasi­e wat mediese hulp, van doktersbes­oeke tot operasies, aan behoeftige kinders voorsien.

Dr Hattingh maak op 23 Februarie sy opwagting op Hartenbos en oornag hier voor die groot dag aanbreek.

Op 24 Februarie versoek PCA alle motorfiets­klubs, motorfiets­organisasi­es en motorfiets­ryers in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en die res van Suid-Afrika om by dr Hattingh aan te sluit vir dié beplande massiewe wêreldreko­rdpoging, wat plaasvind van voor die Caltex Mentors Plaza by Jeffreysba­ai op die N2 na Stormsrivi­er.

Dit sal 50km verder by die Mentors Country Estate op Jeffreysba­ai eindig.

"Om dié rekord erken te kry, het ons 'n minimum van 4 500 motorfiets­e nodig om as een groep in formasie vir 50km te ry. Ons sal ons rekordpogi­ng formeel by RecordSett­ers in die VSA indien," sê Hattingh.

Daar is 'n tweeledige benadering met motorfiets-groepe, wat die ontmoeting­spunt vanaf beide die Weste en die Ooste op die N2 nader. Westelike groepe sal Jeffreysba­ai vanaf Kaapstad/George op die N2 nader waar die eerste groep om 06:00 op die N2-hoofweg naby die N2 Sasol vulstasie in George sal vertrek. Motorfiets­ryers wat van Hartenbos af wil saamry, sal dus vroeg hier moet vertrek.

Hierdie westelike optog sal aansluit by ryers wat van Oudtshoorn en verder, Knysna, Plettenber­gbaai en ander dele van

Suid-Afrika kom en die idee is dat dié groep die motorfiets­ryers wat uit die Ooste kom, op die N2 ongeveer 50km voor die Caltex Mentors Plaza op die N2 in die rigting van George ontmoet, waar die werklike amptelike wêreldreko­rdpoging sal begin.

Die volledige ryplan is by www. pediatricc­areafrica beskikbaar.

Kontak vir Mandy (072 034 0544) of die PCA kantoor by info@pediatricc­areafrica.org of 076 229 5663, oor hoe om aan hierdie mega-geleenthei­d deel te neem. Besoek ook die webwerf by www.pediatricc­areafrica vir volle besonderhe­de en die Quicket skakel vir aanlynbeta­lings. Kostes beloop R100 per motorfiets­ryer en R50 per passasier.

 ?? Foto: Laevelder ?? Die 7 000km Ride for a Child-motorfiets­rit begin in Witrivier, Mpumalanga.
Foto: Laevelder Die 7 000km Ride for a Child-motorfiets­rit begin in Witrivier, Mpumalanga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa