Mossel Bay Advertiser

Bykans 5-ton vis gevang by kushengel-kompetisie

- Jannie du Plessis

Dit was verlede week van Maandag, 19 Februarie, tot Vrydag, 23 Februarie, 'n miernes van bedrywighe­de met 39 bote en 78 hengelaars vanoor die hele land, wat aan die Suid-Afrikaanse Liggerei Boothengel Vereniging (SALBV) se nasionale kushengel-kompetisie vir meesters en seniors op Mosselbaai deelgeneem het. Die kompetisie is afgesluit met die prysuitdel­ing, wat Vrydagaand by die Diaz Hotel gehou was.

Volgens die organiseer­ders se ampetlike uitslae is daar oor die vyf dae 4 787,62kg vis gevang.

Die grootste eetbare vis was 'n 36,9kg kabeljou, gevang deur Mark Boughton van die Westelike Provinsie. Die grootste nie-eetbare vis, 'n 29,45kg bulrog, is deur Joseph van Huyssteen, ook van die Westelike Provinsie gevang.

In die afdeling vir seniors het Jacques Fourie van All Coastal se totale gewig van sy 72 eetbare visse en 9 nie-eetbare visse 165,54kg ingeweeg.

Daarmee het hy 203 punte verdien. Fourie se 81 visse het ook die grootste totale gewig opgelewer in beide die seniors en meesters. Hy het ook die grootste totale gewig vis gevang vir een dag. Dit was 56,05kg.

In die afdeling vir meesters het Tinus Kruger van Binneland 17 nie-eetbare visse van 119,8kg en 141punte behaal. Hy het die eerste plek behaal.

Derrick Petzer van Grens was met drie eetbare en nege nieeetbare visse van 107.03kg tweede. Hy het 120 punte verdien. In die derde plek was Marius Grabie van Gauteng Noord met 43 eetbare visse en twee nie-eetbare visse met 'n gewig van 74,39kg. Hy het 110 punte in totaal verdien.

All Coastal het die seniors provinsial­e kompetisie gewen met 'n totaal van 199 visse met 'n gewig van 434,52kg.

Grens was in die tweede plek met 142 visse van 404,69kg en derde was Sentraal Noordwes met 171 visse en 'n totale gewig van 375,64kg.

In die meesters kategorie het Binneland die provinsial­e kompetisie gewen met 'n totaal van 29 visse en 'n gewig van 180,46kg.

Grens was in die tweede plek met 24 visse van 165,51kg en derde was Gauteng Noord met 88 visse en 'n totale gewig van 140,57kg.

 ?? ?? Jacques Fourie van die All Coastal klub.
Jacques Fourie van die All Coastal klub.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa