Mossel Bay Advertiser

Sages besoek Boggomsbaa­i

- Marius Loubser

Wanneer die Suid-Kaap Sages Boggomsbaa­i besoek, haal die Boggomsbaa­iers behoorlik die voete van die pedale en probeer alles om die dag so lekker as moontlik te maak vir al die besoekers. So was dit dan ook toe 48 spelers kom aanmeld het op Donderdag, 22 Februarie.

Die heerlike ontbyt, wat Hannah Roux vir almal voorgesit het, het behoorlik die weg gebaan vir 'n lekker dag van gemoedelik­e samesyn wat almal terdeë geniet het. Ou vriendskap­pe word weer eens gekoester en nuwes opnuut gevorm!

Daar word darem ook gholf gespeel. Die formaat vir die dag was 'n Vierbal-Samespel met die beste twee se Stableford­tellings wat op elke putjie getel het. So het spelers van verskillen­de klubs die kans gekry om in die formaat saam met mekaar 'n span te vorm en mee te ding.

Uitslae

Die volgende vierballe het die beste vertoon.

1. Grove Koch en Paul de Villiers (Riversdal), Graham Dougall en Danie Terblanche (Mosselbaai) 101

2. Cassie Swanepoel en Marius Loubser (Boggomsbaa­i), Wessel de Bruyn en Branko Celica (Stilbaai) 100

3. Johan Muller en Fanie Wessels(B), Bennie Geldenhuys en Tony Muller (M) 98

4. Denzil Geldenhuys en Trevor Hendricks (R), Martin Speelman (M) en Peter Fillies (B) 96

5. Wessel Oosthuizen en Johan Leonard (B), Gert Pieterse (M) en Cassie Swanepoel (B, spookmaat) 94

6. Andries en Toy van Schalkwyk (B), Stoffel en Breggie Maritz (M) 92

Naaste aan die penne was Andries van Schalkwyk (B) op 9/18 en Julyan Bruyns (B) op 6/15. Peter Fillies, Andries van Schalkwyk, Tony Muller en André Beukes (B) het spogtwees behaal.

Dankie

Die dag is ekstra spesiaal gemaak deur Agri-Mosselbaai (SSK) wat die wenners se pryse geborg het. Baie van die spelers wat aan die Sagesdag kom deelneem het, is huidiglik lede van SSK en omdat so baie van die Sagesspele­rs pensioenar­isse is, ook oudlede. Annelie van Wyk, senior bestuurder bemarking en kommunikas­ie van SSK, en Morné van Rensburg, bestuurder van Agri-Mosselbaai, word bedank vir hulle bydrae om hierdie lekker dag verder op te vrolik. 'n Groot dankie gaan ook aan die ander borge vir die pryse vir naaste aan die penne, die Kansatrekk­ing en dan ook aan die Boggomsbaa­i Gholfklub vir die voorbereid­ing en beskikbaar­stelling van die baan vir dié dag.

Die Sud-Kaap Sages se volgende bymekaarko­ms is op 11 Maart op Mosselbaai wanneer die Suid-Kaap en Outeniekwa kragte meet om die wenner van die Stigtersbe­ker te bepaal.

 ?? ?? Van die wenners op Boggomsbaa­i: Graham Dougall, Danie Terblanche, Grove Koch, Paul de Villiers, Marius Loubser, Cassie Swanepoel, Wessel de Bruyn en Branko Celica.
Van die wenners op Boggomsbaa­i: Graham Dougall, Danie Terblanche, Grove Koch, Paul de Villiers, Marius Loubser, Cassie Swanepoel, Wessel de Bruyn en Branko Celica.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa