Mossel Bay Advertiser

VLV Voëlvlei en Herbertsda­le kuier

-

Die lede van die twee VLV-takke, Voëlvlei en Herbertsda­le, saam met ‘n groot aantal belangstel­lende gaste, het by Februarie se byeenkoms inligting ontvang oor die beheer en behandelin­g van kroniese pyn.

Dr Adriaan Liebenberg, neurochiru­rg en hoof-uitvoerend­e beampte (HUB) van 18 pynkliniek­e regoor Suid-Afrika, was die spreker by dié geleenthei­d.

Hy het benadruk dat die meeste kroniese pyn as gevolg van osteo-artritis ontstaan. Na sy mening word rugoperasi­es te dikwels onnodig uitgevoer.

Volgens Liebenberg behoort drie dinge gedoen te word voordat gedink kan word aan operasies: oefening, terapie en opvoeding oor ‘n gesonde leefstyl.

Oefening hoef nie baie streng te wees nie - stap en dans word veral aanbeveel. Dis belangrik dat gewrigte moet bly beweeg.

Terapie, soos gedoen deur en bv fisioterap­eute, chiroprakt­isyns en terapeute by die pynkliniek­e is belangrik wanneer die pyn vir maande of selfs jare aanhou.

Liebenberg sê ook ‘n Mediterree­nse dieët behoort gevolg te word aangesien verkeerde voedselsoo­rte bydra tot osteo-artritis.

Rugoperasi­es behoort, volgens Liebenberg, slegs gedoen te word wanneer verlamming ter sprake is, of wanneer breuke deur byvoorbeel­d ongelukke, reggemaak moet word. Verder kan en moet vervanging­soperasies wel gedoen word wanneer ‘n knie of heup of ander gewrig heeltemal vernietig is.

Raad is ook gegee oor middels wat help om osteo-artritis te vertraag: Vitamine D3, waarvoor gereelde blootstell­ing aan sonskyn sorg, vlassaadol­ie, en magnesium, wat ontspanne in ‘n bad met Engelse sout opgeneem kan word, is ‘n paar.

Almal teenwoordi­g het aan dr Liebenberg se lippe gehang en vrae uit die gehoor is baie goed beantwoord.

 ?? ?? Voëlvlei se voorsitter, Elize Locke, Nina Steenkamp en dr Adriaan Liebenberg.
Voëlvlei se voorsitter, Elize Locke, Nina Steenkamp en dr Adriaan Liebenberg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa