Mossel Bay Advertiser

Liam sorg vir verrassing van die dag

-

Skuts het mekaar die afgelope Saterdag tydens die Neill Calitz Skietklub se maandeliks­e skietkompe­tisie behoorlik opgedreun en besondere goeie tellings behaal.

Willie Germishuys was weer op dreef en het saam met Hannes Ingram as skuts van die dag geëindig deurdat beide 62 punte behaal het.

Donovan Day en Jan Venter het ook besonder goed presteer deur onderskeid­elik tweede en derde te eindig en sodoende vir Bennie van den Heever en Suzette Herrer in die vierde posisie gedruk het.

Die groot verrassing van die dag was egter Liam Brown wat met elke byeenkoms verbeter.

Liam het in die snelvuur en metaal silhoeëtte van die klub se top skuts, waaronder ook sy pa Calie Brown, uitgestof.

Uitslae

.22 oor 10m: 1. Donovan Day; 2. Willie Germishuys en Calie Brown; 4. Bennie den Heever en Suzette Herrer; 6. Jan Venter;

7. Hannes Ingram; 8. Ivan Maddison;

9. Johan Uys; 10. Hans Willemse;

11. Ruan Brand; 12. Gerrie Bester;

13. Liam Brown; 14. Waldi Lubbe;

15. Johanna Germishuys. .22 oor 20m: 1. Willie Germishuys;

2. Hannes Ingram; 3. Bennie van den Heever en Suzette Herrer; 5. Ivan Maddison; 6. Calie Brown; 7. Liam Brown en Donovan Day; 9. Jan Venter;

10. Johan Uys; 11. Gerrie Bester;

12. Johanna Germishuys; 13. Hans Willemse; 14. Ruan Brand.

.22 snelvuur oor 10m: 1. Hannes Ingram, Donovan Day en Jan Venter; 4. Willie Germishuys; 5. Liam Brown; 6. Gerrie Bester, Hans Willemse en Johan Uys;

9. Bennie van den Heever; 10. Suzette Herrer; 11. Calie Brown en Ivan Maddison; 13. Ruan Brand; 14. Johanna Germishuys. 9mm oor 10m: 1. Calie Brown; 2. Bennie van den Heever; 3. Ivan Maddison;

4. Suzette Herrer; 5. Willie Germishuys;

6. Johanna Germishuys; 7. Gerrie Bester;

8. Hannes Ingram; 9. Jan Venter;

10. Donovan Day; 11. Hans Willemse;

12. Johan Uys; 13. Ruan Brand. Metaal silhoeëtte: 1. Hannes Ingram en Ruan Brand; 3. Liam Brown, Hans Willemse, Jan Venter en Donovan Day;

7. Suzette Herrer, Ivan Maddison en Willie Germishuys; 10. Calie Brown, Gerrie Bester en Bennie van der Heever;

13. Johanna Germishuys en Johan Uys. Vir enige navrae oor die skietklub, kontak Suzette Herrer (082 478 8090).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa