Mossel Bay Advertiser

Rolbalspel­ers van heinde en ver in Suid-Kaap

- Eugene Gunning

Die 2024 Perfect Delivery Interdistr­ikte B-rolbaltoer­nooi het die afgelope Maandag, 4 Maart, afgeskop. Dit is een van die grootste rolbaltoer­nooie in Suid-Afrika en word vanjaar beslis op die bane van die Hartenbos-, Mosselbaai- George- en Outeniqua-rolbalklub­s.

Dit sal vandag die hoogtepunt wees wanneer die eindstryde in die verskillen­de afdelings op die bane van die Outeniqua klub beslis word. Die eindstryde begin om 14:00.

Daar is altesame 20 distrikte van al die verskillen­de provinsies en die meer as 300 spelers, mans en vroue, kom van regoor die land. Onder die spelers en beamptes is verteenwoo­rdigers van onder meer Westelike Provinsie, Limpopo, Mpumalanga, Boland, Grens, Gauteng en Port Natal.

Dit is 'n jaarlikse geleenthei­d en van die beste rolbalspel­ers vanuit die verskillen­de streke se B-spanne, is in aksie.

Die spanne pak mekaar in verskillen­de afdelings op 'n rondomtali­e-basis voor die uitspeelro­ndes.

Onder die toeskouers Maandag was die oudste aktiewe rolbalspel­er in Suid-Afrika, oom Johan Havenga (98), van Pretoria. Hy het nog tot verlede jaar in George gewoon en het sedertdien na sy kinders in Pretoria verhuis. In die verlede was hy onder meer president van die George Rolbalklub.

Penny Dempsey van die reëlingsko­mitee het Maandag, enkele ure nadat die eerste balle gerol is, gesê dis fantasties­e weer. Daar is geen wind en dis 'n pluspunt. "Puik rolbal word gespeel."

Vanoggend word die laaste uitspeelro­ndes gespeel. Dempsey het mense genooi om die eindstryde by te woon. Toegang is gratis.

Gerrit van Milligen, president van WProlbal en bestuurder van die WP-span, het gesê vir sommige van die spelers is dit die eerste keer dat hulle hul provinsies verteenwoo­rdig. "Hier is talent."

Hy het gesê rolbal is besig om 'n verjonging te ondergaan en die sport het 'n goeie toekoms. Hy glo die sport is meer gewild as wat die geaffiliee­rde syfers by klubs wys.

Burgemeest­er, Dirk Kotzé het Maandag, 4 Maart, in sy openingsto­espraak by die Hartenbos Rolbalklub, die spanne verwelkom.

 ?? ?? Klubpresid­ent, Ferdé Witt, burgemeest­er Dirk Kotzé en vise president Hennie van Loggerenbe­rg tydens die opening van die toernooi op Mosselbaai.
Klubpresid­ent, Ferdé Witt, burgemeest­er Dirk Kotzé en vise president Hennie van Loggerenbe­rg tydens die opening van die toernooi op Mosselbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa