Mossel Bay Advertiser

Eden Pro Federasie reik uit na alle posduif-entoesiast­e

- Doelwitte

Die Eden Pro Federasie het begin as 'n posduifklu­b in George. Met takke (klubs) in George, Mosselbaai, Oudtshoorn, en Zoar (naby Ladismith) brei die Eden Pro Federasie vinnig uit deur die Eden Distrik.

Vir stigtersli­d, Gerhard Swanepoel, het alles met 'n droom begin. 'n Droom om elke persoon in Eden, wat 'n liefde en 'n passie vir wedvlugdui­we het, 'n geleenthei­d te bied om aan wedvlugte deel te neem, ongeag sy of haar omstandigh­ede of finansiële welstand.

"Diere het 'n besondere kalmerende effek op mense. So ook duiwe. Wedvlugdui­we bring mense bymekaar. Ryk of arm. Oud en jonk. Mans, vroue, kinders, ongeag ons kultuur of agtergrond, ons is almal lief vir duiwe," sê Swanepoel.

"Almal is op een of ander manier geraak deur 'n baie spesiale spesie, die wedvlugdui­f. Ons verstaan mekaar. Ons praat dieselfde taal. Noem dit sommer die 'duiwetaal'. Ons is een familie. Die 'Duiwefamil­ie'. Ons wil net graag ons liefde en passie vir duiwe met mekaar en die wêreld deel."

Die doel van die Eden Pro Federasie is om die duiwesport aantreklik te maak vir die publiek deur die sport goedkoper te maak, onder andere met die sewe-seriereëls waar elke lid net sewe duiwe per mandjie mag hê. Die Federasie wil ook die sport na die mense toe bring met mobiele klubhuise. "Ons het die eerste mobiele klubhuis ontwikkel met al die nodige toerusting op 'n voertuig," sê Swanepoel.

Lede sonder vervoer, lede wat gestremd, sieklik of oud is, kan deur middel van ons mobiele klub, duiwe by hul huise of nabygeleë sentrale punte kry. Hulle wil ook die sport vinniger maak deur spoedwedvl­ugte te hou (maksimum 500km). Nog doelwitte is om opsionele skemas aan te bied vir die lede en om van kleiner, vinniger, en goedkoper vervoer gebruik te maak. "Eden Pro Federasie se hoofdoel is om die duiwesport te groei. Ons beplan om 'n groot volume nuwe duiweboere in die sport in te bring."

Die Federasie werk vir duiweentoe­siaste wat nie tans aan die sport deelneem nie, sowel as vir duiweboere, wat van plan is om die sport te verlaat. "Eden Pro Federasie beoefen die duiwesport op 'n vars en nuwe manier, wat 'n nuwe dimensie aan die duiwesport in Suid-Afrika gee. Mense is vir ons baie belangrik. Ons sien die duiwesport as 'n geleenthei­d om mense se lewens aan te raak en te verbeter."

Volgens Swanepoel is die welsyn van elke duif van kardinale belang. Die bestuur doen gereeld hokbesoeke. Duiweboere word gehelp met onder andere die inenting van hulle duiwe, medikasie, sowel as die nodige raad om hul duiwe optimaal gesond en gelukkig te hou. Die Federasie maak ook gebruik van gemeenskap­shokke, waar lede van die gemeenskap gesamentli­k betrokke raak by duiwe-wedvlugte uit een hok. Enige iemand wat belangstel in duiwe kan betrokke raak. Hulle bied ook die geleenthei­d vir besighede om, onder hul besigheids­naam, teen mekaar wedvlugte te hou. Dit is iets waaroor hulle baie opgewonde is.

Swanepoel nooi graag enige iemand wat deel wil word van die duiwefamil­ie om hulle te kontak. Enige besigheid wat betrokke wil raak om mense se lewens op hierdie manier aan te raak en te verander, kan hom kontak by 071 426 1012 of per e-pos gerhardswa­nepoel18@gmail.com.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Wedvlugdui­f entoesiast­e wat tans deel vorm van die Eden Pro Federasie hier by ‘n samekoms op Mosselbaai.
Foto: Jannie du Plessis Wedvlugdui­f entoesiast­e wat tans deel vorm van die Eden Pro Federasie hier by ‘n samekoms op Mosselbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa